In ont­hou lê vas­te we­te van ge­beur

Beeld - - By - JOHANNA VAN EEDEN

Ons is waar­skyn­lik die mees ge­fo­to­gra­feer­de ge­ne­ra­sie van al­le tye. Sel­fie­mal. On­sie­mal. Heel­tyd be­sig om el­ke oom­blik in ’n fo­to vas te vang. Te bang ons mis iets.

In­tus­sen glip die oom­blik ver­by. Die di­rek­te be­leef van ’n paar se­kon­des van aan­ge­sig tot aan­ge­sig – nie twee­de­hands deur ’n lens nie. Waar­van be­roof die lens jou? Die soet reuk wat jou sou ge­tref het se­kon­des voor jy die sel­f­ie voor die bont struik ge­neem het – oor­trek met fyn blom­me­tjies, elk vir gis­ter, van­dag en mô­re.

Die flu­weel­sag­te oop­gly van die sjo­ko­la­de­poe­ding en die warm op­stuif van ka­kao wat on­ge­siens ver­by­gaan ter­wyl jy die na­ge­reg op In­sta­gram plak, fre­ne­ties af­wag­tend vir nog ’n “li­ke”.

Klein ron­de groen saad­jies het daar­die Woens­dag­og­gend on­der my rooi tek­kies ge­kraak toe ek gaan stap het – doel­be­wus ge­stap het son­der om langs die pad te stop vir el­ke blom of blaar of eend wat dalk ’n fo­to­ge­leent­heid kon wees. So­dat ek die dag kan be­gin met iets om te ont­hou.

In ont­hou lê die vas­te we­te van ge­beur.

In die te­rug­krap na jou eer­ste her­in­ne­rings lê die wor­tels wat jy la­ter ja­re nie meer bo­gronds sien nie. En die skep van daar­die her­in­ne­rings is waar­skyn­lik een van die groot­ste ge­sken­ke – of swaar­ste tas­se – wat ou­ers vir ’n kind kan gee om die le­wens­pad mee aan te durf.

Is dit hoe­kom ek la­ter die og­gend so ver­slae was oor die be­rig van Ma­ri­an M­cGlocklin van Ka­li­for­nië, wat op die ou­der­dom van t­wee ge­di­ag­no­seer is met Al­z­hei­mer­siek­te?

“Sy het reeds haar eer­ste woor­de ver­geet en kan dalk bin­ne­kort ook haar ou­ers ver­geet,” lui die in­lei­dings­pa­ra­graaf.

Die fo­to daar­by: van ’n lag­gen­de kind vir wie ’n he­le leef­tyd van ont­hou nog moet voor­lê.

Ek ont­hou die eer­ste keer toe ek die see ge­sien het en in een oom­blik iets groot be­leef het én klein ge­voel het.

Ek ont­hou hoe vei­lig ek as kind ge­voel het on­der my ma se brei­ma­sjien­ta­fel, lomp be­sig om met t­wee stomp kleur­pot­lo­de ’n ske­we serp te brei van hel­der­geel, bruin en bot­tel­groen wol.

En die rus­ti­ge slaap wat la­ter kom saam met die me­to­die­se heen-en-weer, heen-en-weer van die brei­ma­sjien bo­kant my kop.

Ek ont­hou die sag­te woor­de­lo­se oom­blik in die aan­gee van die tee wat my pa el­ke dag vir my ma ge­maak het en die weg­smelt van haar kar­ring­melk­be­skuit, ge­week in ’n kop­pie lief­de.

“As nie­mand van jou weet nie, kan nie­mand jou ver­geet nie,” het Koos Doep ge­sing.

Hoe ver­werk jy dit as jy wéét van ie­mand, maar mag­te­loos moet toe­kyk hoe daar­die mens daag­liks meer ver­geet?

Al­z­hei­mers steel ’n ver­le­de. In Ma­ri­an M­cGlocklin se ge­val steel dit ’n toe­koms.

Pak ’n slag weg jou sel­foon. Ge­bruik al jou sin­tuie.

Bou ’n her­in­ne­ring wat jy la­ter ja­re kan op­diep. “Li­kes” kan jy tel, maar die waar­de van ’n her­in­ne­ring weeg swaar­der as die groot­ste sy­fer wat jy ooit sal kan ont­hou.

Ma­ri­an M­cGlocklin, wat op t­wee aan Al­z­hei­mer se siek­te ly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.