Let op Marx se waar­sku­wing

Dit is in hier­die dae mooi 150 jaar ge­le­de dat die eer­ste band van Karl Marx se be­roem­de boek Das Ka­pi­tal ver­skyn het. Wat het van die boek oor­ge­bly? Le­o­pold S­choltz soek na ’n ant­woord.

Beeld - - By - S­choltz is ’n joer­na­lis en his­to­ri­kus.

As ’n mens – los van e­ni­ge mo­re­le oor­de­le – drie boe­ke moet i­den­ti­fi­seer wat die wê­reld­ge­skie­de­nis in­gry­pend be­ïn­vloed het, is dit die By­bel, die Ko­ran en Karl Marx se Das Ka­pi­tal: K­ri­tik der Po­li­tis­chen Ö­ko­no­mie (“Ka­pi­taal: Kri­tiek van die Po­li­tie­ke E­ko­no­mie”).

Laas­ge­noem­de het in Sep­tem­ber 1867 ver­skyn, in hier­die dae 150 jaar ge­le­de. Hoe dit die wê­reld so dra­ma­ties be­ïn­vloed het, is ’n in­te­res­san­te ver­haal.

Marx is in 1818 in die Duit­se pro­vin­sie­stad T­rier in ’n ge­ker­sten­de Jood­se mid­del­klas­ge­sin ge­bo­re en het al as jong man in ’n rig­ting be­weeg wat ’n mens dees­dae ra­di­kaal links sou kon noem.

In 1848 het hy in Keu­len saam met ’n ryk vriend, F­rie­drich En­gels, die Kom­mu­nis­tie­se Ma­ni­fes ge­pu­bli­seer waar­in hul­le skerp kri­tiek op die ka­pi­ta­lis­me uit­spreek.

Marx moes hier­na na Londen uit­wyk, waar hy 23 jaar lank by­na el­ke dag na­vor­sing in die bi­bli­o­teek van die B­rit­se Mu­seum oor die on­reg­ver­dig­he­de van die B­rit­se ka­pi­ta­lis­me ge­doen het.

Ont­hou dat B­rit­tan­je des­tyds die eer­ste land was waar die Ny­wer­heids­re­vo­lu­sie ’n pro­ses aan die gang ge­sit het waar­vol­gens die ou spier­ge­dre­we e­ko­no­mie na in­dus­tri­ë­le pro­duk­sie oor­ge­ska­kel het.

In die pro­ses het die groot­skaal­se ver­ste­de­li­king e­nor­me ag­ter­buur­te met on­ge­loof­li­ke el­len­de en ar­moe­de laat ont­staan. Men­se, selfs kin­ders van so jonk as vyf jaar, het dik­wels 16 uur of meer per dag vir ’n hon­ger­loon ge­werk.

Dis teen dié ag­ter­grond dat Marx sy vlam­men­de mo­re­le pro­tes a­ka­de­mies uit­ge­werk en in 1867 as die eer­ste van drie de­le van Das Ka­pi­tal ge­pu­bli­seer het. ’n Mak­li­ke werk is dit nie. In­teen­deel, waar hy as joer­na­lis nog­al boei­en­de koe­rant­ar­ti­kels kon skryf, is dié werk lomp, moei­lik lees­baar, swak ge­struk­tu­reer en só prop­vol sy­fers en fei­te dat selfs ’n in­tel­li­gen­te na­vor­ser slegs met moei­te daar­deur kan wor­stel.

Hoe ook al, in die boek gee Marx ’n ma­nier om die ge­skie­de­nis en die sa­me­le­wing van sy tyd te ver­klaar. Hy ont­wik­kel ’n om­vat­ten­de for­mu­le wat ál­les moet ver­dui­de­lik.

In die voor­woord skryf hy hy wil die fun­da­men­te­le struk­tu­re on­der die ge­skie­de­nis se op­per­vlak bloot­lê. Hy wil van die “ver­sky­nings­vorm” na die “we­se van die din­ge” deur­dring en die me­ga­nis­mes wat ver­an­de­rings be­werk­stel­lig, i­den­ti­fi­seer.

Dras­ties ver­een­vou­dig, kom sy fi­lo­so­fie daar­op neer dat die e­ko­no­mie­se pro­duk­sie­mid­de­le ge­kon­sen­treer word in die han­de van ’n steeds be­perk­ter groep ry­kes.

In die pro­ses word die wer­kers ge­re­du­seer van men­se tot blo­te pro­duk­sie-in­stru­men­te.

Die rol van wer­kers is bloot om waar­de tot die rou pro­duk­te toe te voeg deur hul­le tot ver­vaar­dig­de ar­ti­kels om te skep. Daar­die toe­ge­voeg­de waar­de – be­kend as Marx se meer­waar­de-te­o­rie – is die geld wat die ka­pi­ta­lis­te van die ar­bei­ders steel.

Ter­self­der­tyd ken die groot ka­pi­taal geen staat­kun­di­ge gren­se nie. Die groot ka­pi­taal lok tel­kens oor­loë uit om wa­pens te kan ver­koop en wins te maak.

Dus ken ook die ar­bei­ders­be­we­ging geen gren­se nie. Die ar­bei­ders moet han­de oor al­le gren­se heen vat, in op­stand kom en ’n wê­reld­re­vo­lu­sie te­weeg bring.

Oor pre­sies hoe die ar­bei­ders se mags­greep moet ver­loop, het hy el­ders ge­skryf: “Tus­sen die ka­pi­ta­lis­tie­se en kom­mu­nis­tie­se ge­meen­skap lê die pe­ri­o­de van re­vo­lu­si­o­nê­re trans­for­ma­sie van die een na die an­der. In oor­een­stem­ming hier­mee is ook ’n po­li­tie­ke oor­gangs­pe­ri­o­de waar­in die staat niks an­ders kan wees nie as die re­vo­lu­si­o­nê­re dik­ta­tuur van die pro­le­ta­ri­aat.”

In dié tyd, so­lank die ka­pi­ta­lis­tie­se klas nog be­staan, sal dwang no­dig wees: “Hul­le moet met dwang ver­wy­der of ge­trans­for­meer word, en die pro­ses van dié trans­for­ma­sie moet met dwang ver­snel word . . .”

Wan­neer die ar­bei­ders die mag ge­gryp het, sal die staat van­self ver­skrom­pel en ten slot­te heel­te­mal ver­dwyn.

’n Mens moet ver­sig­tig wees om Marx se den­ke slegs op Das Ka­pi­tal te ba­seer. In ’n on­langs ver­ske­ne bi­o­gra­fie (Karl Marx: G­re­at­ness and Il­lu­si­on) wys prof. Ga­reth S­ted­man Jo­nes van die U­ni­ver­si­teit van Londen daar­op dat Marx reg­deur sy le­we taam­lik rond­ge­slin­ger het. Eint­lik is die boek ’n mo­ment­op­na­me van ’n man wat in sy den­ke nog­al taam­lik wis­pel­tu­rig was.

Marx se i­dees het aan­lei­ding ge­gee tot t­wee groot in­vloed­ry­ke rig­tings.

Die een was die so­ge­naam­de so­si­aal-de­mo­kra­sie. Die so­si­aal­de­mo­kra­te was men­se wat Marx se ba­sie­se di­ag­no­se aan­vaar het, maar wat bin­ne die gren­se van die de­mo­kra­sie en die reg­staat vir ver­an­de­ring wou werk.

Hul erf­ge­na­me is by­voor­beeld die Fran­se So­si­a­lis­tie­se Par­ty (van oud­press. François Mit­ter­rand en François Hol­lan­de) en die Duit­se So­si­aal-De­mo­kra­tie­se Par­ty (van oud­kan­se­liers Wil­ly Brandt, Hel­mut S­chmidt en Ger­hard S­chrö­der).

Die an­der rig­ting was die kom­mu­nis­te wat in 1917 die mag in Rus­land ge­gryp en die helf­te van die mens­dom de­ka­des lank aan ’n reeks mee­do­ën­lo­se to­ta­li­tê­re dik­ta­tu­re on­der­werp het. Dit was ver­al Wla­di­mir Le­nin wat Marx

Men­se, selfs kin­ders van so jonk as vyf jaar, het dik­wels 16 uur of meer per dag vir ’n hon­ger­loon ge­werk.

se i­dees kwaai ge­ra­di­ka­li­seer het.

Al­bei rig­tings het in die on­lang­se ge­skie­de­nis ge­voe­li­ge klap­pe ge­kry. Die Sow­jet-vorm van die kom­mu­nis­me (ook in C­hi­na) is dood, en die so­si­aal-de­mo­kra­sie is pas in Duits­land en Frank­ryk in ver­kie­sings be­hoor­lik ge­straf (of­skoon dit in B­rit­tan­je weer sy kop lig).

Marx het eg­ter be­paal­de fun­da­men­te­le fou­te ge­maak.

Sy ba­sie­se fout, waar­uit die an­der al­mal voort­spruit, was dat jy die ge­skie­de­nis en sa­me­le­wing op grond van ’n en­ke­le for­mu­le – klas­se­stryd – kan ver­klaar.

As his­to­ri­kus en po­li­tie­ke we­ten­skap­li­ke kan jy klas­se­stryd as fak­tor se­ker­lik nie ig­no­reer nie, maar dis maar één tus­sen tal­le an­der. Die le­we is nie so een­vou­dig nie. ’n Ho­lis­tie­se be­na­de­ring is al­tyd die bes­te.

Die twee­de is dat Marx ge­meen het die ka­pi­ta­lis­me dra die kiem van sy eie on­der­gang in hom. Steeds min­der men­se en in­stan­sies ding mee om al hoe gro­ter ryk­dom, en ten slot­te sal hul­le me­kaar aan die keel gryp en ver­mor­sel, waar­na die ar­bei­ders in op­stand sal kom en die mag gryp.

Dít het hy as ’n ab­so­lu­te wet, ’n nood­wen­dig­heid, ge­sien. Maar hy het die ver­moë van die ka­pi­ta­lis­me om hom­self te her­vorm skro­me­lik on­der­skat.

’n A­nek­do­te il­lus­treer dit: Die A­me­ri­kaan­se mo­tor­fa­bri­kant Hen­ry Ford is in ’n sta­di­um deur sy me­de­din­ger-fa­bri­kan­te ver­kwa­lik om­dat hy sy wer­kers te veel be­taal. Sy ant­woord was dat hy sy wer­kers in staat wil stel om al­mal ’n Mo­del-T-Ford te kan be­kos­tig!

Die ka­pi­ta­lis­me, in toom ge­hou deur die li­be­ra­le veel­par­ty­de­mo­kra­sie, het daar­in ge­slaag om die la­er stan­de se le­wen­stan­daard dra­ma­ties te ver­hoog.

Van­dag be­sit selfs die re­la­tief arm men­se in die ont­wik­kel­de lan­de toe­rus­ting soos ’n te­le­vi­sie, re­ke­naars, ys­kas­te, noem maar op. Bit­ter min men­se ly hon­ger.

In sy in­vloed­ry­ke boek Ca­pi­ta­lism, So­ci­a­lism and De­mo­cra­cy het die Oos­ten­ryks-A­me­ri­kaan­se e­ko­noom Jo­seph S­chum­pe­ter die be­grip “cre­a­ti­ve de­structi­on” in die o­pen­ba­re do­mein ge­plaas. S­chum­pe­ter se standpunt hier­oor, kort ge­stel, was:

“The o­pe­ning up of new mar­kets, fo­reign or do­mes­tic, and the or­ga­ni­za­ti­o­nal de­ve­lop­ment from the craft s­hop and fac­to­ry to such con­cerns as U.S. Steel il­lus­tra­te the pro­cess of in­dus­tri­al mu­ta­ti­on that in­ces­sant­ly re­vo­lu­ti­o­ni­zes the e­co­no­mic struc­tu­re from within, in­ces­sant­ly de­stroying the old one, in­ces­sant­ly cre­a­ting a new one.”

Teen dié ag­ter­grond was die oor­gang van die ou spier­ge­dre­we na die in­dus­tri­ë­le e­ko­no­mie pyn­lik, maar deel van dié “cre­a­ti­ve de­structi­on”.

Tans be­leef die wê­reld in die oor­gang na die di­gi­ta­le e­ko­no­mie weer só ’n pyn­li­ke pro­ses. Dit ver­klaar deels die op­gang van po­pu­lis­tie­se par­tye, links en regs.

Tog moet ’n mens die waar­sku­wing wat Marx ge­rig het, nie af­skryf nie. In ons eie dae sien jy so­veel in­ha­lig­heid by tal­le ry­kes dat ’n mens ge­neig is om te sê die groot­ste vy­and van die ka­pi­ta­lis­me is juis die groot ka­pi­ta­lis­te.

Fo­to: ISTOCK

Die graf van Karl Marx in die be­roem­de Hig­hga­te­be­graaf­plaas in die noor­de van Londen.

Das Ka­pi­tal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.