’n In­tie­me blik op Mau­ri­ti­us

Beeld - - Leefstyl - TERÉSA COET­ZEE @te­re­sa­coet­zee Dit is ’n fees om langs die bloue wa­ters op jou fiets te ry.

Ons fiets­ry­ers kan mos nie op ’n plek wees son­der om te won­der hoe dit sal wees om daar fiets te ry nie. Selfs as ons ge­sin see toe of Kaap toe ry, vang ek my ge­reeld waar ek in die vlak­tes tuur op soek na lek­ker en­kel­spoor­paad­jies en fiets­ry­plek­ke. Toe ek ’n paar jaar ge­le­de in Mau­ri­ti­us was, het ek ’n baie ver­dag­te ys­ter­mon­ta­sie met t­wee wie­le (hul­le het ge­sê dis ’n fiets) by die oord ge­leen en so ’n stuk­kie deur die stra­te van Mau­ri­ti­us gaan ry en ge­wens ek kon Mau­ri­ti­us be­hoor­lik op my fiets leer ken.

En dís waar­om ek die ge­leent­heid aan­ge­gryp het toe dit hom voor­ge­doen het om in Mau­ri­ti­us te kom fiets­ry.

El­ke jaar Sep­tem­ber vind die Tour de Mau­ri­ce- en die Deut­sche Bank-fiets­ren­ne in Mau­ri­ti­us plaas – die Tour de Mau­ri­ce is ’n twee­daag­se pad­fiets­re­sies waar jy kruis en dwars deur die stra­te van Mau­ri­ti­us kan fiets­ry. ’n Week la­ter kom die Deut­sche Bank-ren aan die beurt. El­ke skof is so­wat 100 km ver en om­dat die ei­land so klein is, kan jy maar weet jy gaan in t­wee dae se tyd baie van die land sien.

Die Tour de Mau­ri­ce het t­wee na­we­ke ge­le­de (16 en 17 Sep­tem­ber) in Mau­ri­ti­us plaas­ge­vind en ’n week la­ter was die Deut­che Bank ren aan die beurt. Ons was al­te­saam 74 ry­ers wat deel­ge­neem het aan die Tour de Mau­ri­ce en meer as 600 ry­ers het by die be­gin­punt van die Deut­che Bank ren aan­ge­meld. Ty­dens die Tour de Mau­ri­ce was die mees­te van die ry­ers van die Réu­ni­on­ei­land, so reeds by die weg­spring hoor ’n mens net Frans om jou. Ty­dens die Deut­che Bank ren was die meer­der­heid ry­ers weer van Mau­ri­ti­us, en al­mal met ’n fiets in dié land het saam kom ry vir lief­da­dig­heid.

Die roe­tes het iets van al­les in­ge­sluit. Soms het ons ki­lo­me­ters lank langs die see ge­ry, en soms selfs op ’n na­si­o­na­le snel­weg. Ons het dik­wels op smal paad­jies deur die klein in­for­me­le ne­der­set­tings en dor­pies ge­ry. Hier kry jy dan ’n in­tie­me blik op die an­der kant van Mau­ri­ti­us – die wê­reld weg van die ge­kleur­de dran­kies met sam­breel­tjies in, die oop wit stran­de, die ko­raal­blou see en die palm­bo­me.

Dis Son­dag in Mau­ri­ti­us en o­ral van­uit die klein hui­sies vloei geu­re van ker­rie en kruie en spe­se­rye soos men­se mid­dag­e­te voor­be­rei. Hier en daar ruik jy wie­rook van­uit ’n tem­pel waar ge­lo­wi­ges gaan aan­bid.

Soms moet jy uit­swaai vir ’n kind, en soms vir ’n hond. T­wee ou mans wat op die voor­stoep sit en praat, waai ge­moe­de­lik en jy waai te­rug ter­wyl jy vir die taxi hier voor jou staan en wag om uit die pad te kom. En dan strek die oop paaie weer voor jou uit en kan jy jou fiets­spe­ke laat sing.

Tus­sen die Tour de Mau­ri­ceen die Deut­sche Bank-ren is ’n week waar­in jy die heel bes­te van Mau­ri­ti­us kan be­leef en er­vaar. Ons groe­pie Suid-A­fri­ka­ners wat aan die ren­ne gaan deel­neem het, het el­ke dag met ons fiet­se gaan ry en die land gaan ver­ken. Ons het op die s­trand ge­lê, in die see ge­swem, eg­te Mau­ri­ti­aan­se rum-en-Co­ke ge­drink in een­vou­di­ge klein plaas­li­ke re­stau­rant­jies en ons het op die maat van die tra­di­si­o­ne­le mu­siek ge­dans.

Al­les in die naam van fiets­ry.

Fo­to’s: VANESSA POTHIN

Ry­ers ge­niet die na­tuur­skoon in Mau­ri­ti­us.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.