Li­a­nie May ver­tel van stres van troue re­ël

Beeld - - Leefstyl - Hou Li­a­nie May en haar ver­loof­de Bar­ry Lub­be se reis na die kan­sel dop op Via.

Ná 11 jaar het die A­fri­kaan­se san­ge­res Li­a­nie May en haar ver­loof­de, Bar­ry Lub­be, ui­t­ein­de­lik be­sluit om af te haak en op die nu­we werk­lik­heids­pro­gram Met my he­le hart (Dins­dae om 20:30) volg ons die paar­tjie heel­pad kan­sel toe. In­tus­sen gaan Li­a­nie se le­we as san­ger en Bar­ry s’n as haar be­stuur­der voort – en ons ka­me­ras is daar.

Hoe het jul­le tot die be­sluit ge­kom om in 2017 te trou?

Ná by­na 11 jaar wat ons ver­loof is, be­sef ’n mens jy word nie jon­ger nie. Al­bei ons pa’s is oor­le­de en dit is vir ons be­lang­rik om al­bei ons ma’s op die troue te hê ter­wyl ons dit nog kan doen.

Wat is van die dra­ma­tie­se oom­blik­ke wat ky­kers gaan sien?

Die pro­gram gaan ky­kers en on­der­steu­ners ons be­ter laat leer ken en laat sien hoe ons al­le­daag­se din­ge­tjies doen. Daar wag ook ’n paar groot ver­ras­sings vir ky­kers.

Dit is vir ons lek­ker om die spe­si­a­le ge­beur­te­nis saam met die ky­kers deur te maak en te deel. Ky­kers gaan ook ’n voor­smaak kry van my nu­we so­lo­al­bum, a­tel­jee-tyd, wat als ag­ter die skerms aan­gaan, skryf­ses­sies saam met my pla­te­maat­skap­py, om die mu­siek en fi­na­le pro­duk aan die men­se te bring.

Soos e­ni­ge bruids­paar kan ge­tuig, is trou­be­plan­ning nie al­tyd die mak­lik­ste ding nie en ’n mens hoop maar dat al­les ver­loop soos be­plan, maar gaan al­les al­tyd vol­gens plan? Wel, ons sal maar moet kyk wat ge­beur.

Wat rondom die trou­be­plan­ning het die mees­te stres ver­oor­saak en hoe­kom?

Met die re­ël van e­ni­ge ge­leent­heid is daar maar stres, maar ge­luk­kig het ons ’n merk­waar­di­ge span men­se wat die druk baie ver­lig en wat spe­si­a­lis­te is in el­ke af­de­ling. Dit help be­slis baie. Om als be­tyds reg te kry, verg baie be­plan­ning en kan soms stres­vol wees en om al my ge­dag­tes en prent­jies ’n werk­lik­heid te maak, maar dit is steeds baie op­win­dend en lek­ker.

Op die ou end gaan dit oor die sa­me­syn van vrien­de, fa­mi­lie en ge­lief­des wat saam met ons die lief­de vier. Dit gaan be­slis ’n in­te­res­san­te pro­gram wees. Die een ding wat ons wel kan ver­klap, is die feit dat die reeks nie net oor ons gaan nie, maar daar is ’n groot ver­ras­sing vir ’n ge­luk­ki­ge per­soon.

Hoe voel dit met die ka­me­ras rondom jou en hoe lank voor­dat jy ge­woond ge­raak het daar­aan?

Dit is maar ’n aan­pas­sing, maar toe ons in­ge­stem het tot die pro­gram het ons ons­self reg­ge­maak vir die ka­me­ras.

Dit is ook vir my lek­ker om ná tien jaar in die be­dryf die spe­si­a­le oom­blik saam met my on­der­steu­ners en ky­kers te deel, en hul­le deel te maak van die reis.

Hoe­kom sal jy ky­kers aan­raai om in te ska­kel vir die pro­gram?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.