Me­di­ter­reen­se see­baars met ri­sot­to

Beeld - - Leefstyl -

Jy be­no­dig:

220 g see­baars, skoon­ge­maak 1 g sout

1 g swart­pe­per

80 g ri­sot­to­rys (Ar­bo­rio) 20 g murg­pam­poen­tjies

20 g ba­ba­mie­lies

20 g vars as­per­sies

1 lem­me­tjie

5 ml o­lyf­o­lie

Vir die sous:

1 suur­le­moen

10 g bot­ter

25 ml droë wit­wyn 50 ml room 1 lou­rier­blaar

20 g ge­kap­te uie geur­mid­dels na smaak

Om voor te sit:

Gaar steur­gar­na­le en mi­kro­kruie

Só maak ’n mens:

1. Geur die vis en se­ël in ’n warm rif­fel­pan. Plaas in die oond en roos­ter on­der die roos­ter­e­le­ment vir se­we mi­nu­te.

2. Sny die lem­me­tjie mid­del­deur en druk een helf­te uit oor die vis so­dra dit uit die oond kom. Die res van die lem­me­tjie hou jy vir die gar­ne­ring van die ge­reg.

3. Be­rei die ri­sot­to­rys voor vol­gens die in­struk­sies op die ver­pak­king. Blan­sjeer die groen­te in kook­wa­ter vir ’n paar mi­nu­te tot al den­te. Voeg die groen­te by die rys. Proe en geur na smaak met sout en pe­per.

4. Vir die sous ver­hit die wyn, uie, lou­rier­blaar en die sap van een suur­le­moen in ’n ka­strol­le­tjie. Laat dit bor­rel tot­dat dit met die helf­te ge­re­du­seer het.

5. Voeg die room by en re­du­seer ver­der tot net die helf­te oor­bly (dit moet die ag­ter­kant van ’n le­pel be­dek son­der om da­de­lik af te loop). Gooi die sous deur ’n fyn sif of moe­se­lien­doek, klits bot­ter by en geur.

6. Om voor te sit: Skep die ri­sot­to op ’n bord, dan die vis en sous en gar­neer met die hal­we lem­me­tjie. Jy kan ook een steur­gar­naal bo­op die vis rang­skik en die ge­reg af­rond met mi­kro­kruie. Sit da­de­lik voor.

Fo­to: PAUL MCGAVIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.