Rek jou Wes­kus­kui­er uit

Dit is be­slis die moei­te werd om ’n vol­gen­de be­soek aan die Wes­kus som­mer met ’n paar dae uit te rek. As jy eers dié deel van ons land gaan ver­ken het, gaan jy weer en weer te­rug­ver­lang.

Beeld - - Leefstyl - MALANI VEN­TER @ma­la­ni­ven­ter Ho­pe­field se mu­seum: Oud­he­de soos dié ka­me­ras is in die mu­seum in Voor­trek­ker­straat te sien.

Hier­die deel van die land is bui­ten­ge­woon, prag­tig én al die an­der by­voeg­li­ke naam­woor­de waar­aan ’n mens kan dink om iets won­der­liks te be­skryf.

Ek sê nie als hier is per­fek nie, want ar­moe­de en werk­loos­heid sien jy – men­se staan langs die pad bak­hand of smeek dat jy ’n hand­ge­maak­te mand­jie of een of an­der kuns­wer­kie koop.

Dít sien ’n mens o­ral in die land – die hart­seer saam met die mooi. Maar hier vind ek ’n mens­lik­heid, ’n be­dag­saam­heid on­der die in­wo­ners – jy voel tuis.

Ho­pe­field

Dié dorp is in 1853 op die oe­wer van die Zou­te­ri­vier ge­stig en is oor­spronk­lik as ’n kerk­ge­meen­skap ont­wik­kel.

Ho­pe­field is ge­leë langs die R45, slegs 130 km van Kaap­stad af. Dit is in die hart­jie van die fyn­bos­streek en die Kaap­se Wes­kus-skier­ei­land. In die mu­seum in Voor­trek­ker­straat kan jy soms van die in­wo­ners in hul daag­lik­se wan­del sien, waar hul­le be­sig is om or­rel te “speel” of ê­rens in die hoek te sit en brei.

’n K­lip­gooi van die mu­seum af, om die draai in Kerk­straat, is ge­re­stou­reer­de groen sand­steen­hui­sies. Van­dag huis­ves dit ou­li­ke win­kel­tjies wat ge­bak en ge­sken­ke ver­koop.

Die in­wo­ners bied ’n Sa­ter­dag­mark ho­ër op in die straat aan, en men­se wat vroeg op­daag, sal nog be­tyds wees vir die ge­bak en lek­ker­nye wat vin­nig op­ge­raap word.

As jy wil oor­bly:

■ The Mer­ry Wi­dow Cout­ry Inn

| Kerk­straat 29 | 022 723 1528

■ Cou­va­loup-gas­te­huis |

084 662 0277

■ Lang­riet­vlei-self­sorg­kot­hui­se (20 km bui­te die dorp) |

022 783 0856

■ In­ni Woud-kam­peer­plek | Die Plaas­mol, R45 | 082 301 7773

S­tuur e-pos na ho­pe­field@sb­to.co.za vir meer in­lig­ting oor die dorp.

Pa­ter­nos­ter

Hier­die skil­der­ag­ti­ge vis­sers­dorp het geen be­kend­stel­ling no­dig nie. As jy weer daar kom, maak se­ker dat jy in die sjef Ko­bus van der Mer­we se restaurant, Wolf­gat, Sampson­straat 10, gaan eet. Die lig­ging en die ge­bou, so­wat 130 jaar oud, is ewe in­druk­wek­kend.

Die Wolf­gat-grot – ’n ter­rein van ar­ge­o­lo­gie­se en ge­o­lo­gie­se be­te­ke­nis – is op hier­die per­seel. Maar jy moet vroeg­ty­dig be­spreek.

Tye: Mid­dag­e­te word Woens­dae tot Sa­ter­dae om 12:30 en Son­dae om 12:00 voor­ge­sit. Aand­e­tes is Vry­dae en Sa­ter­dae om 19:00.

Meer in­lig­ting/be­spre­king: wolf­gat.co.za.

Gaan stap in die Kaap­se Co­lum­bi­ne-na­tuur­re­ser­vaat, wat oor 263 ha se kus­lyn strek. Gaan kyk ook na die vuur­to­ring wat on­ge­veer 15 m bo Cas­t­le Rock uit­troon.

Of gaan kam­peer op Tie­ties­baai se s­trand, wat deel van dié re­ser­vaat is.

Meer in­lig­ting: 022 752 2718 (re­ser­vaat) | 022 752 2705 (vuur­to­ring)

As jy wil oor­bly:

■ @Seekat 1 en 2 | Mal­mok­straat 6 | 082 889 2483

■ A­hoy 1, 2, 3 (self­sorg) | St. Au­gas­ti­ne­straat | 082 876 2711

■ Astrand 1, 2, 3 (self­sorg) | War­rel­klip­straat 5 | 022 752 2048

■ Bek­kie van Bek­baai (self­sorg)

| Sonkwas­weg 26 | 022 752 2048 Meer in­lig­ting: vi­sit­wes­t­co­ast.co.za.

Lan­ge­baan

Maak nie saak wat­ter tyd van die jaar jy hier­heen kom nie, jy sal in die wa­ter wil gaan.

Jy kan in ’n ka­jak roei op die prag­ti­ge strand­meer of aan e­ni­ge an­der wa­ter­sport hier deel­neem.

Die dorp het heel­par­ty eet­plek­ke en al­les is bin­ne loop­af­stand van me­kaar.

Die Wes­kus-fos­siel­park na­by Lan­ge­baan het vier uit­ge­merk­te roe­tes oor 3 km tot 10 km wat om die fos­siel­ter­rein kron­kel.

As jy wil oor­bly:

■ Club My­ko­nos | 022 707 7000 | clu­bmy­ko­nos.co.za

Meer in­lig­ting: lan­ge­baan@sb­to.co.za | vi­sit­wes­t­co­ast.co.za

Sal­dan­ha

Dié kus­dorp is so­wat 153 km op die R27 van­af Kaap­stad. Dit is tus­sen die Ber­g­ri­vier­mond in die noor­de en die Wes­kus Na­si­o­na­le Park in die sui­de.

Op ’n hel­der dag kan jy Ta­fel­berg sien van­af die A­dam-enE­va-rots­for­ma­sie wat op ’n heu­wel in die dorp is.

Op Hoed­jies­kop, in die mid­del van die dorp, is ’n kort stap­roe­te. Dis ef­fe op­draand, maar die uit­sig van­af die heu­wel maak al die trap­pe die moei­te werd.

Meer in­lig­ting: 022 715 1142 | sal­dan­ha@sb­to.co.za | vi­sit­wes­t­co­ast.co.za

As jy wil oor­bly:

■ Eag­les Rest-gas­te­huis | Hen­ry Wicht­straat 13 | 084 777 3640 | 084 448 9629

■ Ja­ne’s Gas­te­huis | Kus­weg 8 | 022 714 3605 ■ Pik­kie-kot­huis | 7de Laan | 022 714 1741

Wan­neer jy West Co­ast Oys­ter Gro­wers in die ha­we be­soek, sien jy hoe vly­ti­ge han­de mos­sels en oes­ters be­werk. Dis ’n be­le­we­nis.

Meer in­lig­ting: 022 714 0403.

Ja­cobs­baai

Hier­die kus­dor­pie laat my dink aan ’n des­tyd­se Pa­ter­nos­ter (voor­dat dit so ge­wild ge­word het). Ek was nie lank ge­noeg in Ja­cobs­baai om dit werk­lik te waar­deer nie, maar die een­der­se hui­sies en pragtui­ne met die on­ge­veer 2 km lan­ge see­front en baai het be­slis ’n in­druk op my ge­maak.

In­wo­ners ver­wys na Ja­cobs­baai as “Na­ma­kwa­land by die see” – om­dat die veld­blom­me hier in die len­te glo ’n on­ver­geet­li­ke ge­sig is.

As jy wil oor­bly:

■ Ba­vi­a­na Be­ach Lod­ge (self­sorg) | Ba­vi­aan­tjie­draai 18 | 022 715 3114

■ Ja­cobs­baai Back­pac­kers | 022 715 3536

■ Klok­kie­bosch-gas­te­huis | 022 715 3059

Wes­kus Na­si­o­na­le Park

Dié park strek oor 30 000 ha en dit grens aan die sui­de­kant van die Lan­ge­baan-strand­meer. Die in­gang na die park van­af die R27 is on­ge­veer 100 km noord van Kaap­stad.

Die park is dié plek vir vo­ël­ky­kers – kyk uit vir die bril­pik­ke­wyn, die grys rei­er, teel­eend en die vis­a­rend.

Wees ook op die uit­kyk vir dui­kers, die vaal­rib­bok, steen­bok­ke, bon­te­bok­ke, s­pring­bok­ke, e­lan­de, die Kaap­se grys­bok, rooi­kat­te en das­sies (die wild word meest­al in Pos­t­berg ge­sien).

Op Eva se voet­spoor: Hier­die spo­re is in 1995 by Kraal­baai aan­ge­tref en daar word ge­sê dit is dié van ’n jong vrou wat 117 000 jaar ge­le­de hier ge­stap het.

Die oor­spronk­li­ke af­druk­ke word in die I­zi­ko-mu­seums se Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Mu­seum in Kaap­stad ge­hou, maar die re­pli­ka kan in die Geel­bekin­lig­ting­sen­trum in die park ge­sien word.

Die roe­te oor 30 km kan af­ge­lê word oor t­wee en ’n hal­we dag en neem jou op die ge­skied­kun­di­ge voet­spo­re van Eva deur die park. Vir meer in­lig­ting be­soek ca­pe­bi­o­sp­he­re­trails.co.za.

R70 per vol­was­se­ne per dag en R35 per kind per dag.

Meer in­lig­ting: san­parks.org/ parks/wes­t_­co­ast/

Toe­gangs­geld?

Fo­to: MIKE ELOFF

Fo­to: MALANI VEN­TER

Lan­ge­baan het tal­le eet­ en drink­plek­ke soos The Cur­ry Bar.

Fo­to: MIKE ELOFF

Dié han­de be­werk el­ke dag oes­ters en mos­sels by die West Co­ast Oys­ter Gro­wers.

Die kleur­ry­ke vis­sers­boot­jies wat by Pa­ter­nos­ter in die wa­ter dob­ber, is si­no­niem met vis­sers­dor­pe aan die Wes­kus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.