Die naam van hier­die roos is . . .

Dis da­rem mos erg ro­man­ties om ’n roos na ’n ge­lief­de te laat ver­noem – vra ge­rus maar vir die jon­ge Hu­snaa.

Beeld - - Leefstyl - ALICE COET­ZEE @leef­styl24 Ernst van Jaars­veld Ern­st­vj@out­look.com. Ann van der Mer­we skryf: Ek het ’n fo­to in­ge­stuur van ’n ti­pe swam wat oor my bo­me groei. Ek wil weet of dit ska­de­lik is en of iets hier­aan ge­doen kan word?

Die be­na­mings­pro­ses van die be­ken­de ro­se­pro­du­sent Lud­wig Tas­ch­ner se nuut­ste roos word in Ok­to­ber ty­dens die Len­te Ro­se­fees vir die pu­bliek oop­ge­stel.

Die per­soon wie se naam ge­trek word, kry ’n roos wat na hom of haar ver­noem word – en kry 20 van daar­die ro­se.

Dit is ’n klas­sie­ke salm­pienk­tui­nen sny­roos.

As jou roos­naam ’n snaar by die tui­niers aan­raak, staan jy die kans dat jou naam of dié van ’n ge­lief­de in tui­ne van tal­le Suid-A­fri­kaan­se en selfs oor­se­se tui­ne sal pronk. Stel jou voor jou naam word in die­self­de a­sem ge­noem as an­der be­ken­de ro­se soos “Vre­de”, “Ing­rid Berg­man” of “Dou­ble De­lig­ht”.

Tas­ch­ner kweek die af­ge­lo­pe de­ka­des sy eie ro­se en sê dat men­se dit as ’n “baie spe­si­a­le voor­reg” be­skou om ’n roos wat na hul­le ge­noem word, te ei­en.

Hy ont­hou hoe ’n wan­ho­pi­ge jong man ’n paar jaar ge­le­de na die kwe­ke­ry ge­kom het om ’n roos na sy ver­loof­de te ver­noem. “Sy was blyk­baar nie be­reid om met hom te trou ten­sy hy ’n roos na haar ver­noem het nie.

“’n Ge­skik­te roos is die vol­gen­de dag ge­vind, ’n ser­ti­fi­kaat is uit­ge­reik en sy het ’n bos van dié ro­se ge­kry. “Hu­snaa” is ’n prag­ti­ge roos en ek is se­ker die paar­tjie is baie ge­luk­kig.”

Dit kos by­kans R100 000 om ’n roos te ver­noem. Dit sluit in die ja­re wat dit ge­neem het om die roos te kweek en te toets, die re­gis­tra­sie­pro­ses en Tas­ch­ner se on­der­ne­ming om dit vir die vol­gen­de tien tot 20 jaar as deel van sy voor­raad be­skik­baar te stel.

Het jy ge­weet?

Ro­se word ook ver­noem na men­se wat ’n bui­ten­ge­wo­ne by­drae ge­maak het, soos Est­her Gel­den­huys, die do­yen­ne van roos­groei in die Vry­staat en vir baie ja­re pre­si­dent van die Roos­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka.

Sy het ro­se se ge­wild­heid in die Vry­staat ge­ves­tig, ont­hou Tas­ch­ner. Bloem­fon­tein is mos nie ver­niet die Ro­se­stad nie.

Hy ont­hou hoe bly sy was oor die roos wat na haar ver­noem is. In ’n jap­trap het dit land­wyd ’n ge­wil­de keu­se vir tui­niers ge­word en kort daar­na is dit ook on­der dié naam in A­me­ri­ka ver­koop. So­wat 15 jaar la­ter is dit nog steeds ’n wyd ge­plan­te va­ri­e­teit.

Baie Suid-A­fri­kaan­se san­gers het ro­se wat na hul­le ver­noem is – Ri­na Hugo is mis­kien die be­kend­ste een. Die roos het ’n diep pienk kleur en is ge­kies om by haar lip­stif­fie te pas.

Kort ná die roos se be­kend­stel­ling het die Ri­na Hugo-roos ’n top­ver­ko­per in Suid-A­fri­ka en in A­me­ri­ka ge­word.

An­der ro­se wat na be­ken­des ver­noem is, is Mi­mi Coert­se, Bles B­rid­ges (na­tuur­lik ’n rooi roos), Pa­tri­cia Le­wis, An­ne­li van Rooy­en en Co­ra Ma­rie.

Nuut­ste be­ken­des wat ver­eer word

Die nuut­ste Suid-A­fri­kaan­se be­ken­des wat ver­eer is met ro­se, is E­li­ze Ca­wood, die be­kroon­de ver­hoog-, rol­prent en TV-ak­tri­se, en die le­gen­da­rie­se ma­ra­thon­at­leet Bru­ce For­dy­ce.

Dié t­wee se ro­se sal op Son­dag 8 Ok­to­ber be­kend ge­stel word as deel van die Len­te Ro­se-fees by Lud­wig’s-roos­plaas.

E­li­ze sal daar wees om self sjam­pan­je oor haar roos te gooi.

“Toe E­li­ze haar oë op hier­die de­li­ka­te skoon­heid plaas, was dit lief­de met die eer­ste oog­op­slag. Sy het da­de­lik aan­ge­trok­ke daar­toe ge­voel. Dit was on­mid­del­lik haar roos!”

Die pê­rel­wit blom­me dra sub­tie­le on­der­to­ne van sag­te pienk. El­ke blom is van ’n on­be­ris­pe­li­ke hi­bried-tee­roos­vorm, i­de­aal vir die pluk as sny­blom­me.

■ Lud­wig se Len­te Ro­se­fees word van 6 tot 8 Ok­to­ber by Lud­wig’s-roos­plaas, N1 Noord, Wal­l­manst­hal, bui­te P­re­to­ria ge­hou.

Ska­kel 012 544 0144 vir meer in­lig­ting of be­soek die web­werf lud­wigs­ro­ses.co.za.

Die ge­luk­strek­king sal op Son­dag 8 Ok­to­ber om 11:30 by Lud­wig’s-roos­plaas plaas­vind as deel van die Len­te Ro­se­fees. Jy moet met die trek­king daar wees om in aan­mer­king vir die prys te kom. Daar is meer be­son­der­he­de op Lud­wig’s Ro­ses se Fa­ce­book­blad be­skik­baar. Skryf aan: Vra vir Ernst, Ba­by­lon­sto­ren­plaas, Klap­muts Si­mon­di­um, Paarl, 7670. S­tuur e­pos na ernst@ba­by­lon­sto­ren.com. Ann, op jou plant is ’n ska­de­lo­se kors­mos. Dit groei e­pi­fi­ties op die boom en is nie pa­ra­si­ties nie.

Die plant heg hom net aan die bas van die boom, maar ont­trek geen voe­ding­stow­we van die an­der plant nie.

Kors­mos­se is baie in­te­res­san­te plan­te. Dit be­staan eint­lik uit t­wee le­wens­vorms, die een is ’n swam en die an­der ’n groen alg wat ’n plant is, saam vorm dit ’n ven­noot­skap. Die alg is blad­groen en kan fo­to­sin­teer ter­wyl die swam die lig­gaam ver­teen­woor­dig.

Dit kom in drie groei­vorms voor, fru­ti­vorm, fo­li­vorm en kors­vor­mig. ’n Goeie voor­beeld van die fru­ti­vorm is ou­mans­baard (U­snea) wat ’n mens so dik­wels in die Knys­na­wou­de aan die geel­hout­bo­me sien af­hang.

Die fo­li­vorm-groep is die soort op die fo­to, en die laas­te kors­vor­mig, wat dik­wels op rots­ban­ke voor­kom en die rot­se so mooi en soms hel­der kleur.

Daar is so­wat 20 000 soor­te wê­reld­wyd. Hul­le groei ver­al op klip­pe, boom­bas, en vol­op in die Na­mibwoes­tyn. Hul­le droog vin­nig uit en gaan oor in ’n rustoe­stand om net so vin­nig weer te her­stel ná dou sog­gens en groei voort­ge­sit word. Ons sien dit ook dik­wels op dak­ke, ver­al na aan die kus. Hier speel dit ’n be­lang­ri­ke rol om die huis koel te hou en dit lyk ook mooi na­tuur­lik.

Kors­mos­se ver­meer­der met spo­re deur die wind, som­mi­ge groei baie sta­dig. Let op in die Ka­roo, die prag­ti­ge hel­der­rooi, groen en an­der pa­tro­ne op rot­se. El­ke soort het sy ei­e­soor­ti­ge kleur en sal by­voor­beeld net op ’n se­ke­re soort rots ont­kiem en groei. Kors­mos­se is baie sen­si­tief vir be­soe­de­ling en ’n baie goeie in­di­ka­tor­plant. Hul­le vrek eer­ste met lug­be­soe­de­ling.

Bets En­gel­brecht van Gro­blers­dal skryf:

Ernst, een van die ro­se in my tuin groei op ’n bui­ten­ge­wo­ne wy­se.

Die oor­spronk­li­ke roos het klaar ge­blom en ek het dit nie af­ge­breek nie.

Ná ’n ruk het van­uit die mid­del en bin­ne­kant van die roos ’n roos­knop uit­ge­groei, daar­na nog ’n paar, so ses klei­ner knop­pe.

Ek wil graag weet wat­ter ver­skyn­sel dit is?

Ant­woord:

Bets, plan­te doen soms on­ge­wo­ne din­ge en toon af­wy­kings. Kan wees dat iets sy knop in ’n jon­ge­ling­sta­di­um be­ska­dig het, en daar­om die on­ge­wo­ne frats­groei. Dit ge­beur o­ral in die na­tuur. ’n Blom­knop be­staan uit ver­groei­de bla­re en met ir­ri­ta­sie in sy knop, kan die plant mak­lik nu­we blom­me uit­groei.

Ro­se (ge­slag Ro­sa) is van­af die Noor­de­li­ke Half­rond af­koms­tig en so­veel mooi ro­se is van­uit die ou ro­se ge­kruis­teel. Om­dat dit so ge­wild is, word van­dag steeds nu­we kul­ti­vars ont­wik­kel en jaar­liks be­kend ge­stel.

Ro­se bly maar een van die wê­reld se ge­wild­ste tuin­plan­te. Hul­le groei goed in klei-leem-grond en kan koue han­teer. Dit soek vol­son en som­mi­ge rank.

E­li­ze Ca­wood sal self met die be­kend­stel­ling sjam­pan­je oor haar roos kom gooi.

Die prag­ti­ge Hu­snaa­roos.

Ann van der Mer­we se fo­to van haar kors­mos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.