Lor­gat­ver­trek ‘gooi nie wolk oor nu­we li­ga’ Ha­roon: Laas­te dae was moei­lik

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Krie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) het Vry­dag die ver­se­ke­ring ge­gee dat die ver­trek van Ha­roon Lor­gat, sy uit­voe­ren­de hoof, nie ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die T20 Glo­bal Le­a­gue (T20GL) sal hê nie.

KSA en Lor­gat se paaie het eer­gis­ter ge­skei toe daar aan­ge­kon­dig is dat hul­le nie meer kan saam­werk nie en dit is al­bei se bes­te be­lang is dat sy diens be­ëin­dig word.

’n Woord­voer­der van KSA het Vry­dag ge­sê die T20GL sal be­slis voort­gaan en dat dit nie na­de­lig ge­raak sal word deur Lor­gat se af­we­sig­heid nie.

T­ha­bang Moroe, die vi­se­pre­si­dent van KSA, sal in­tus­sen waar­neem as uit­voe­ren­de hoof, maar die woord­voer­der sê dis nie be­kend wan­neer ’n nu­we heel­tyd­se uit­voe­ren­de hoof aan­ge­wys sal word nie.

Die T20GL was groot­liks Lor­gat se pro­jek. Die kri­tiek was juis dat hy al sy plan­ne dig ge­hou het; daar was geen deur­sig­tig­heid nie.

Die te­le­vi­sie­reg­te vir die toer­nooi is nog nie ge­fi­na­li­seer nie en KSA sal dit so gou as moont­lik wil af­han­del.

Lor­gat was juis nog vroeg hier­die week in In­dië om vir te­le­vi­sie­reg­te te be­ding, maar KSA wou glo té veel geld hê en geen maat­skap­py was daar­voor te vin­de nie.

Daar sal dalk nou bak­hand na Su­perS­port ge­gaan moet word om te ver­se­ker dat daar ’n uit­saai­er vir hier­die toer­nooi gaan wees.

Die agt ei­e­naars van die on­der­skeie span­ne vir hier­die eer­ste weer­ga­we van die T20GL het Don­der­dag met KSA se uit­voe­ren­de raad ver­ga­der en hul­le is ver­se­ker die toer­nooi sal nie in die ge­drang kom nie.

Blyk­baar moes die be­gro­ting vir die toer­nooi eg­ter dras­ties ge­sny word. Tus­sen Mei 2016 en A­pril 2017 het die toer­nooi al R4,5 mil­joen ge­kos en dit het nie die luis­ter­ry­ke be­kend­stel­ling daar­van in Londen of die spe­lers­vei­ling ver­le­de maand in Kaap­stad in­ge­sluit nie.

Daar word glo reeds vir ’n fi­nan­si­ë­le ver­lies in die eer­ste jaar be­groot.

Met die toer­nooi wat oor net meer as ’n maand be­gin, is dit dui­de­lik dat KSA in ’n wed­loop teen tyd ge­wik­kel is om al­les slag­ge­reed te kry.

Lor­gat het Vry­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê KSA be­weeg in ’n nu­we rig­ting en het ’n nu­we vi­sie en lei­er­skap no­dig om hom die toe­koms in te neem.

“Daar­om kan ek nie aan­bly nie en is daar be­sluit dat ons paaie skei. Vir my was dit ’n moei­li­ke paar dae voor­dat die be­sluit ge­neem is – ver­al nou­dat krie­ket in die land sterk is en ’n op­win­den­de nu­we era met die T20GL te­ge­moet gaan.

“In 2015 was hier­die toer­nooi net ’n ver­af droom. In Ja­nu­a­rie 2016 het die raad my ver­soek ge­steun om die moont­lik­heid te on­der­soek vir ’n toer­nooi in Suid-A­fri­ka.

“Ek het hard ge­werk aan die droom en is se­ker ons gaan een van die bes­te T20-li­gas ter wê­reld hê. On­ge­luk­kig moet ek nou aan­be­weeg en ie­mand an­ders moet die res van die pad lei, waar ons nou net we­ke weg is van die toer­nooi.”

Ha­roon Lor­gat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.