El­gar uit op 199: ‘Wat ’n an­ti­kli­maks!’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Vir De­an El­gar was dit ’n dag ge­vul met soet én suur. “Dit was eint­lik ’n groot an­ti­kli­maks,” het hy er­ken, na­dat hy gis­ter op 199 uit­ge­haal is in Suid-A­fri­ka se eer­ste beurt van 496/3 ge­sluit op die twee­de dag van die eer­ste toets teen Bangla­desj in Pot­chef­stroom.

Daar­die een lo­pie was al wat El­gar ge­kort het om slegs die 16de toets­kol­wer nóg vir SuidA­fri­ka te word wat ’n dub­be­le hon­derd­tal kon aan­te­ken.

Nou het hy die eer­ste SuidA­fri­ka­ner ge­word wat vir 199 uit­ge­haal is en maar slegs die tien­de in toets­ge­skie­de­nis.

“Dit was ’n dag van hoog­te- en laag­te­pun­te vir my,” het hy er­ken na­dat hy ook daar­aan her­in­ner is dat hy t­wee vang­kan­se in die glip­pe van­af die boul­werk van die draai­er Kes­hav Ma­ha­raj ver­brou het.

Tog het hy sy vo­ri­ge hoog­ste toets­tel­ling van 140 ver­be­ter en is hy nou die voor­ste lo­pie­ma­ker in toets­krie­ket van­jaar. Hy kort net 33 lo­pies om by die dui­send­tal vir die ka­len­der­jaar uit te kom.

“Dit be­te­ken eg­ter net mooi niks vir my nie. Ek stel glad nie be­lang in daar­die soort van re­kords nie,” sê El­gar.

Hy sê eg­ter hy sou baie graag die dub­be­le hon­derd­tal wou aan­te­ken om dit op te dra aan sy nu­we aan­vangs­maat, Ai­den Mar­kram, wat hy op die eer­ste dag op 97 uit­ge­hard­loop het.

“Ek was diep te­leur­ge­steld toe dit ge­beur het, want al wat Ai­den wou doen, was om te help ek kry my hon­derd­tal,” het El­gar, wat toe op 99 was, er­ken.

“Ek sou só graag wou sien hy kry sy hon­derd en dis as sul­ke din­ge ge­beur wat ’n mens som­mer won­der hoe­kom speel jy hier­die spel.

“Ver­al as jy sien hoe­veel kri­tiek jy dan op so­si­a­le me­dia kry. Maar nou ja, die son het van­dag op­ge­kom en die le­we gaan aan,” het El­gar ge­sê.

“Tog moet ek maar eer­der na die po­si­tie­we sy van sa­ke kyk en be­sef ek het die soort beurt ge­speel wat ons as kolfeen­heid al lank soek.

“Dit was no­dig dat een van ons in­gra­we en ’n lang en groot beurt speel. Tog was die wy­se waar­op ek op 199 uit is ’n groot te­leur­stel­ling en eint­lik a­ma­teur­ag­tig,” ver­tel hy van die hou wat hy lug­langs ge­skep het om ge­vang te word.

“Dit was ’n baie ge­mid­del­de hou in daar­die sta­di­um van my beurt.”

El­gar glo dit gaan be­lang­rik wees om va­nog­gend in die eer­ste uur nóg t­wee of drie paal­tjies te neem.

“Op hier­die blad gaan dit har­de werk wees en hul­le (Bangla­desj) het ge­wys hul­le gaan nie som­mer net so om­ge­stoot word nie. Hul kol­wers gaan nie mak­lik uit­ge­haal word nie,” sê hy.

Hy glo dit gaan van­dag ook ’n groot dag vir Ma­ha­raj wees en dat die draai wat hy reeds gis­ter­mid­dag ge­kry het, ’n be­lang­ri­ke rol gaan speel om die paal­tjies te laat kan­tel.

Bangla­desj kolf va­nog­gend voort op 127/3 met ’n ag­ter­stand van 369 lo­pies.

Fo­to: GALLO IMAGES

De­an El­gar vier gis­ter sy 150 lo­pies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.