Kol­wers is kook­wa­ter in meerdagreeks

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger en Mi­cha­el G­reen

Die kol­wers slaan steeds die ki­taar in die plaas­li­ke meer­dag­krie­ket­reeks.

Co­dy C­het­ty van die Dolphins se on­oor­won­ne 101 teen die K­nig­hts gis­ter in Dur­ban was die 17de hon­derd­tal in die eer­ste ses dae van die kom­pe­ti­sie!

Die aan­vangs­kol­wer Sa­rel Er­wee (151) en C­het­ty (101*) het hon­derd­tal­le aan­ge­te­ken na­dat die Dolphins op Kings­me­ad in­ge­stuur is om te kolf.

Die Dolphins het 343/5 aan­ge­te­ken in die 80 beur­te wat gis­ter vol­tooi is na­dat geen spel op die eer­ste dag moont­lik was nie.

Er­wee het voort­ge­bou op sy goeie kolf­peil in die toer­nooi om die A­fri­ka­be­ker waar­in hy die mees­te lo­pies (231) aan­ge­te­ken het. Hy en Vaughn van Jaars­veld (53) het 106 om die twee­de paal­tjie aan­ge­te­ken, waar­na hy en C­het­ty 159 om die der­de paal­ver­se­ker tjie aan­ge­te­ken het.

Kee­gan Pe­ter­sen (3/49) – die se­wen­de bou­ler van die K­nig­hts – het op 284/2 die bloe­ding tot ’n ma­te met sy draai­ers met die paal­tjies van Er­wee, K­ha­ya Zon­do (2) en Si­bo­ne­lo Mak­ha­nya (4) ge­stop.

■ In die buur­stryd tus­sen die Ti­tans en die Li­ons in Cen­tu­ri­on het Hen­ry Da­vids die tuis­span met sy 137 ge­help om ’n ste­wi­ge 452/7 in sy eer­ste beurt aan te te­ken.

Da­vids, wat op 80 kom voort­kolf het, het gis­ter goeie by­stand ge­had van S­haun von Berg (30) en Ma­lu­si Si­bo­to (50*) wat die twee­de vyf­tig­tal van sy loop­baan aan­ge­te­ken het.

Die ein­ste Si­bo­to (1/15) en Von Berg (1/36) het die Li­ons daar­na op 89/3 ef­fens op die ag­ter­voet ge­had. Die be­soe­kers sal hul eer­ste beurt van­dag op 170/4 voor­sit.

■ In Port E­li­za­beth is die Ca­pe Co­bras nog 291 lo­pies ag­ter die War­ri­ors, wat vroe­ër hul eer­ste beurt op 452/6 ge­sluit ver­klaar het.

Jer­ry N­qo­lo, met ’n on­oor­won­ne 105 lo­pies, en C­ly­de For­tuin, met 92, het goeie by­dra­es la­er af in die tuis­span se kolf­beurt ge­le­wer om hul span in ’n sterk po­si­sie te plaas.

Met die uit­skei­tyd het die Co­bras hul­self eg­ter in­ge­gra­we met PJ Ma­lan (63*) en Zu­bayr Ham­za (75*) voor die paal­tjies.

Andrew Put­tick is vroeg uit met sy tel­ling op 18 toe hy ag­ter die paal­tjies deur For­tuin van Si­san­da Ma­ga­la se boul­werk uit­ge­vang is.

Die Co­bras sal van­dag met hul tel­ling op 161/1 voort­kolf.

Fo­to: GALLO IMAGES

Jer­ry N­qo­lo (105*) het gis­ter die twee­de hon­derd­tal van sy loop­baan aan­ge­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.