Bou­lers swoeg en sweet op ‘teer­pad’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die kol­wers het gis­ter weer die bo­toon ge­voer op die twee­de dag van die eer­ste krie­ket­toets tus­sen Suid-A­fri­ka en Bangla­desj in Pot­chef­stroom.

Slegs vyf paal­tjies het ge­kan­tel op ’n blad wat groot­liks ’n be­graaf­plaas vir die bou­lers is.

Suid-A­fri­ka het sy eer­ste beurt met tee­tyd op 496/3 ge­sluit, waar­na Bangla­desj vroeg t­wee paal­tjies ver­loor het voor­dat Mo­mi­nul Ha­que (28*) en die kap­tein Mushfi­qur Ra­him (44, 65 mi­nu­te, 57 bal­le, 7x4, 1x6) die si­tu­a­sie be­red­der het.

Die be­soe­kers kolf van­dag op 127/3 voort.

De­an El­gar (199, 553 mi­nu­te, 388 bal­le, 15x4, 3x6) en Hashim Am­la (137, 258 m, 200 b, 17x4, 1x6) het in die og­gend­skof die pyn vir die be­soe­ken­de bou­lers in­ge­vryf.

Am­la het net ná mid­dag­e­te ’n los hou ver van sy lyf ge­speel en is op punt ge­vang deur Me­he­di Has­san van S­ha­fi­ul Islam se boul­werk.

Dit het ’n ein­de ge­bring aan hul ven­noot­skap van 213 lo­pies om die twee­de paal­tjie.

El­gar het sy ma­ra­thon­beurt voort­ge­sit, maar kort van ’n dub­be­le hon­derd­tal hom mis­gis met ’n kort af­le­we­ring van Mus­ta­fi­zur Rah­man en die bal lug­langs ge­skep om deur Mo­mi­mul ge­vang te word. Hy sou slegs die 16de Suid-A­fri­kaan­se toets­kol­wer ge­word het om 200 te haal.

Daar­mee het El­gar die tien­de kol­wer in toets­ge­skie­de­nis ge­word wat op 199 uit is en die eer­ste Suid-A­fri­ka­ner.

In die tyd­perk voor tee­tyd het die kap­tein, Faf du P­les­sis (26*), en Tem­ba Ba­vu­ma (31*) die pas aan­sien­lik ver­snel net voor die beurt­slui­ting.

Lit­ton Das (25), wat vir 146 boul­beur­te diens as paal­tjie­wag­ter ge­doen het vir die Tie­re, het as aan­vangs­kol­wer uit­ge­stap aan­ge­sien Ta­mim I­q­bal vir ’n he­le ruk van die veld was en eers la­ter toe­ge­laat is om te gaan kolf. Im­rul Kay­es (7) het die eer­ste slag­of­fer ge­word toe hy uit die pad van ’n kort af­le­we­ring van Ka­gi­so Ra­ba­da wou kom, maar in die gang deur Ai­den Mar­kram ge­vang is.

Das is ge­knoop deur Mor­né Mor­kel wat hom op eer­ste glip deur Am­la laat vang het.

Mushfi­qur moes vroeg al te­rug in die kleed­ka­mer ge­wees het, maar toe hy 6 en 19 ge­had het, het El­gar in die glip­pe bot­ter­vin­gers van Kes­hav Ma­ha­raj se boul­werk.

Ma­ha­raj (1/38) gaan ge­wis nog ’n groot sê in hier­die toets hê en het die bal aan­sien­lik ge­draai.

Hy het ui­t­ein­de­lik sy man ge­kry toe Mushfi­qur op vlak­by deur Mar­kram ge­vang is.

Dié buk­sie-kap­tein van Bangla­desj het eg­ter ’n skou­spel­ag­ti­ge beurt ge­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.