C­hee­tahs maak dit drie uit drie op tuis­veld

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok Straf­doe­le: Doel­

Die C­hee­tahs het gis­ter­aand hul on­oor­won­ne sta­tus by die huis be­hou deur die Ospreys met 44-25 in hul Pro14-wed­stryd in Bloem­fon­tein te klop.

Hul­le het dit drie uit drie in die Ro­se­stad ge­maak na­dat hul­le rus­tyd met 22-17 voor­ge­loop het.

Die kap­tein en sen­ter, Fran­cois Ven­ter, was een van hul uit­blin­kers en het deur voor­beeld ge­lei. Ven­ter het met sy aan­voe­ling en oog vir ga­pings ge­leent­he­de vir sy span­maats ge­skep, wat op drieë soos die lin­ker­vleu­el, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, se eer­ste van t­wee ge­lei het. Ven­ter is reg aan die ein­de met sy span se ses­de drie be­loon toe hy on­der­skep het. Hy is as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

Die Wal­lie­se be­soe­kers, wat straks ge­glim­lag het oor die re­ën­buie vroe­ër die dag, het hul vier­de ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­laag ge­ly.

Die C­hee­tahs het vroeg dank­sy t­wee drieë deur die ha­ker Tor­sten van Jaars­veld met 15-0 voor­ge­loop.

Die Ospreys het eg­ter gou te­rug­slaan met drieë deur die Wal­lie­se skrum­ska­kel R­hys Webb en die plaas­ver­van­ger­sen­ter Kier­on Fo­no­tia. Fo­no­tia het ’n rol­skop­pie van die los­ska­kel Dan Big­gar toe­ge­val.

Kort voor rus­tyd het Ma­pim­pi daar­die drie, wat deur Ven­ter be­werk­stel­lig is, gaan druk om die tuis­span weer te laat voor­loop. Ma­pim­pi het in die twee­de helf­te sy twee­de drie ge­druk ná hy ’n dwars­skop van Ti­aan Mey­er in die doel­ge­bied ge­vang en oor­ge­val het. Dit was in die tyd wat Van Jaars­veld in koel­kas was.

Die Ospreys se heel­ag­ter, Dan E­vans, het net voor Van Jaar­veld se te­rug­keer sy span se der­de en laas­te drie ge­druk.

Die grond­slag vir die C­hee­tahs se ver­to­ning is voor­langs ge­lê, waar spe­lers soos die los­trio van Ou­pa Mo­ho­je, Hen­co Ven­ter en Tier S­choe­man saam met Van Jaars­veld ge­woel het.

Die Vry­sta­ters se ver­de­di­ging was rots­vas en daar was meer as ge­noeg te­kens dat hard­loop­rug­by in die Ro­se­stad aan die or­de van die dag is.

En die Ospreys? So goed soos wat Webb met die bal in die hand was, net so was hy ma­le son­der tal nie daar om die los­skrums skoon te maak nie.

Tor­sten van Jaars­veld (2), Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi (2), Tier S­choe­man, Fran­cois Ven­ter.

Ernst S­ta­pel­berg (3), Wil­li­am S­mal­lS­ta­pel­berg (2).

R­hys Webb, Kier­on

Dan Big­gar

Pun­te­ma­kers: C­hee­tahs 44 (22): Drieë:

skop­pe:

Straf­doe­le: Ospreys 25 (17): Drieë: Doel­skop­pe:

S­mith.

Fo­no­tia, Dan E­vans.

(2). Big­gar (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.