Leeu maak a­mok oor ha­ker se hand in hok

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

As jy met die leeu se snor­baard wil speel, moet jy jou reg­maak om ge­hap te word.

Die Ospreys-ha­ker S­cott Bald­win (29) het dit die af­ge­lo­pe week by ’n re­ser­vaat bui­te Bloem­fon­tein op die har­de ma­nier ge­leer, toe hy sy hand in ’n hok ge­druk en ter­stond deur ’n leeu by­ge­kom is.

Bald­win het ná die in­si­dent ste­ke ge­kry en het in die pa­wil­joen ge­sit en kyk hoe sy span­maats in hul Pro14-wed­stryd teen die C­hee­tahs deur ’n kat van ’n an­der aard ge­kou word.

Die voor­val is deur een van die be­amp­tes van Ospreys op sy sel­foon af­ge­neem en na die wed­stryd op die pers­kon­fe­ren­sie aan joer­na­lis­te ge­wys.

“Dit is taam­lik stu­pid,” het die Ospreys-af­rig­ter, S­te­ve Tan­dy, ge­sê. “Hy is ge­luk­kig. Hul­le het vir ons ge­sê om ver ge­noeg te staan en daar was waar­sku­wings­te­kens. Jy kan tog nie ’n leeu oor die kop vryf as­of dit ’n kat­jie is nie?

“Dit is een van die sim­pel­se voor­val­le waar­by ek nog be­trok­ke was.”

Bald­win het sy toets­de­buut vir Wal­lis in 2013 ge­maak.

S­cott Ot­ten het Vry­dag­aand in sy plek ge­speel.

Die Ospreys het die af­ge­lo­pe week in die Ro­se­stad voor­be­rei.

Die Ier­se span Lein­ster aan die an­der kant het ver­le­de week in die Kaap voor­be­rei en eers kort voor die wed­stryd na Bloem­fon­tein ge­reis.

Die C­hee­tahs het die wed­stryd teen die Ospreys met 4425 ge­wen.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­cott Bald­win

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.