Nie weer of wel­pies stuit Haaie

Tien­de se­ge in ’n ry vir Na­tal­lers

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den CB­PUNTESTAND SWGVP Straf­doel:

Nie eens ’n ver­woe­de don­der­storm kon die Haaie Vry­dag­aand daar­van weer­hou om hul tien­de ag­ter­een­vol­gen­de se­ge in van­jaar se Cur­rie­be­ker­reeks te be­haal nie.

Die Haaie het die Goue Leeus in gu­re weer met 24-10 op Kings­park ge­troef. Er­ge weer­lig het vroe­ër ge­dreig om die stryd voor­ty­dig te be­ëin­dig.

Die s­keids­reg­ter, S­tu­art Ber­ry, is ná 20 mi­nu­te se spel aan­ge­raai om die stryd ty­de­lik te staak na­dat die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens be­amp­tes by Kings­park in­ge­lig het dat ’n storm die spe­lers se vei­lig­heid be­dreig.

Die storm sou glo vir drie ure woed, maar die spe­lers was ’n rap­sie meer as vyf mi­nu­te la­ter te­rug op die veld.

Teen die tyd dat die stryd ge­staak is, was die Haaie met 11-0 voor. Dit was ook die rus­tyd­tel­ling.

Die tuis­span het weer met sy rots­vas­te lak­werk be­ïn­druk. Die Haaie se ver­de­di­ging is die sui­nig­ste in van­jaar se reeks en dít is ’n groot re­de vir hul wel­slae en plek bo­aan die pun­te­lys.

Die Haaie se eer­ste drie het juis ge­kom na­dat die Leeus op die aan­val die bal uit ra­de­loos­heid ag­ter die ver­de­di­ging pro­beer in­skop het. Mi­cha­el Claas­sens, die Haaie se ve­te­raan­skrum­ska­kel, het die bal op­ge­pik en deur­ge­sool. Die tuis­span het die bal her­win, fa­ses op­ge­stel en die stut T­ho­mas du Toit het af­ge­rond.

Kee­gan Da­niel, die Haaie se oop­kant­flank, het voor rus­tyd ’n geel­kaart ge­kry na­dat hy by ’n stoei­e­ry be­trok­ke ge­raak het. Die be­soe­kers kon geen pun­te in sy af­we­sig­heid aan­te­ken nie.

Die Haaie se aan­val­len­de skop­werk was be­ter as die Goue Leeus s’n en hoe­wel die weer die stryd van e­ni­ge skou­spel­waar­de ge­stroop het, het die tuis­span op­nuut sy aan­pas­baar­heid be­wys.

Ver­le­de week se stryd in Dur­ban tus­sen die Haaie en Blou Bul­le is ook in een­de­weer ge- Haaie Vry­staat WP Goue Leeus Pu­mas Blou Bul­le G­rie­kwas en die K­waZu­lu-Na­tal­lers lyk na die mees­ters van swaar vel­de.

Garth A­pril, die Haaie-heel­ag­ter, se po­si­si­o­ne­le spel was uit­ste­kend. In die twee­de helf­te het hy die stryd van­uit die laas­te ves­ting be­heer. Hy het ook ’n Leeu-fout af­ge­dwing wat op Od­wa N­dun­ga­ne se drie uit­ge­loop het.

Te­sa­me met die Haaie se on­deur­dring­ba­re ver­de­di­ging, was dit A­pril, Claas­sens en die los­ska­kel, Cur­win Bosch, se skop­werk wat die stryd ge­wen het. Bosch het weer, soos ver­le­de week, met ’n s­kep­doel ge­slaag.

Ver­al die groen­tjie-bui­te­sen­speel ter, T­ri­stan B­le­wett, het met sy leeu­hart op die ver­de­di­ging b­ein­druk.

Die Haaie sal wel hul skrum­werk moet op­skerp. Die be­soe­kers het hul­le on­der groot druk in dié vas­te fa­set ge­plaas en by­kans ’n oor­stoot­drie in die eer­ste helf­te ge­druk.

An­tho­ny Vol­mink, die Leeusvleu­el, het ’n troos­drie ge­druk. ■

Pun­te­ma­kers: Haaie 24 (11): Drieë: Doel­skop: S­kep­doel: Goue Leeus 10 (0): Doel­skop:

N­dun­ga­ne. Bosch (3).

der Walt. T­ho­mas du Toit, Od­wa Cur­win Bosch. Straf­doe­le: Bosch.

Drie: An­tho­ny Vol­mink. Ja­co van der Walt. Van

Fo­to: GALLO IMAGES

Kee­gan Da­niel, die Haaie se flank, op loop in sy span se Cur­rie­be­ker­wed­stryd teen die Goue Leeus Vry­dag­aand in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.