Die hout­le­pel wink as Bul­le op Lof­tus vas­val

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Nóg ’n be­ker­lo­se jaar lyk na ’n al gro­ter waar­skyn­lik­heid op Lof­tus Vers­feld, maar die Blou Bul­le is vas­be­slo­te om steeds by die Cur­rie­be­ker-ag­ter­deur in te glip.

Die werk­lik­heid is dat die Bul­le mô­re teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie móét wen en daar­na ook teen die C­hee­tahs en die Pu­mas.

Dit is baie ge­vra vir ’n span wat ja­re laas ’n wen­kul­tuur ge­had het.

Gly die tuis­span mô­re, wat ’n der­de ne­der­laag op Lof­tus sal wees in die reeks, sal hul­le in ’n stryd wees om nie as die hout­le­pel-hou­er vir 2017 ge­kroon te word nie.

Iets wat die af­rig­ter John Mit­chell se­ker­lik ten al­le kos­te sal wil ver­my in sy eer­ste jaar.

Mit­chell het die af­ge­lo­pe week vrae oor die druk op hom en sy span gesystap met “daar sal al­tyd druk wees”.

In Bul­le-kon­trei is dit nooit heel­te­mal só een­vou­dig nie.

In P­re­to­ria word daar aan­ge­dring op ’n wen­span. Of da­rem min­stens ’n span wat lyk of hy in die af­sien­ba­re toe­koms gaan gaf­fel.

Dit is wel so dat Bur­ger O­den­daal-hul­le gro­ten­deels ’n on­er­va­re span is, maar die teen­deel is dat daar ’n stuk of ne­ge Bul­le in die be­gin­span is wat t­wee of meer sei­soe­ne se Su­per­rug­by ag­ter die blad het.

Daar is reeds vrae oor Mit­chell se be­winds­oor­na­me ná Nol­lis Ma­rais die deur ge­wys is na­by die half­pad­merk van die kom­pe­ti­sie.

Ma­rais het im­mers t­wee uit vyf wed­stry­de ge­wen toe die rug­by­ba­se se ge­duld op­ge­raak het.

Ver­loor die Bul­le teen die WP en Mit­chell se ver­to­nings­lys sal een uit vyf wees.

Ont­hou ook dat die Lig­blou­es ver­le­de jaar die eind­stryd ge­haal het on­der Ma­rais.

Baie on­der­steu­ners re­de­neer hoop­vol dit is net ’n kwes­sie van tyd voor die Bul­le on­der ’n voor­ma­li­ge All Black-af­rig­ter vonk sal vat.

Mit­chell gee te ken­ne sy me­to­do­lo­gie gaan – met die eind­stryd wat oor min­der as ’n maand be­slis word – dalk nie heel­te­mal dié sei­soen ge­stal­te kry nie.

Een van sy ga­wes was nog al­tyd om jong spe­lers te help om hul po­ten­si­aal te ver­we­sen­lik.

Dit sal dus in­te­res­sant wees om te sien hoe rou ta­lent soos Tim A­ga­ba, wat die eer­ste keer in die be­gin­span op­draf, ont­luik.

Dit­to Mar­co van S­ta­den, wat met die in­trap­slag lyk na ’n flank in wa­re Lof­tus-tra­di­sie.

■ Blou Bul­le: War­rick Ge­lant, Dun­can Mat­thews, Bur­ger O­den­daal (k), JT Jack­son, John­ny Kot­ze, Mar­nitz Bos­hoff, I­van van Zyl, Nic de Ja­ger, Tim A­ga­ba, Mar­co van S­ta­den, Aston For­tuin, Ru­ben van Heer­den, Con­raad van Vuur­en, Ed­gar Ma­rut­lul­le, Pier­re S­choe­man. PLAASVERVANGERS: Jo­han Grob­be­laar, Da­y­an van der West­hui­zen, Ja­no Ven­ter, Boom Prins­loo, Piet van Zyl, To­ny Jan­tjies, Ul­rich Bey­ers.

Wes­te­li­ke Pro­vin­sie: Da­mi­an Wil­lem­se, Se­a­be­lo Se­nat­la, EW Vil­joen, Huw Jo­nes, Wer­ner Kok, Ro­bert du P­reez, Ja­no Ver­maak, Ni­zaam Carr, Co­bus Wie­se, Ja­co Coet­zee, JD S­chic­ker­ling, Chris van Zyl (k), Frans van Wyk, Ra­mo­ne Sa­mu­els, JC Jan­se van Rens­burg. PLAASVERVANGERS: De­an Muir, Ali Ver­maak, Wil­co Louw, Jan de K­lerk, Sik­hum­bu­zo Nots­he, De­waldt Du­ve­na­ge, Ru­han Nel.

Af­skop: 14:30.

S­keids­reg­ter: Ja­co van Heer­den. As­sis­tent­skeids­reg­ters: Ja­co P­re­to­ri­us, E­gon Se­conds. TV­s­keids­reg­ter: Pro Le­goe­te.

Fo­to: GALLO IMAGES

John Mit­chell, die Bul­le se hoof­af­rig­ter, ver­le­de week in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.