F­ris Wal­la­by­groen­tjie wil Bok­ke boe­lie

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen – Reu­ters

Rug­by­brei­ers sal in die mees­te ge­val­le nie veel uit­wei oor ’n spe­ler wat met voor­be­dag­te ra­de in die be­gin­span ge­kies is nie.

Mi­cha­el C­hei­ka, die Wal­la­bies se af­rig­ter, laat eg­ter nie veel twy­fel oor die 23-ja­ri­ge Jack Demp­sey se in­slui­ting as flank vir van­dag se toets in die Rug­by­kam­pi­oen­skap teen die S­pring­bok­ke nie.

Dié ste­wi­ge 108 kg-groen­tjie, wat vir die eer­ste keer in die be­gin­span is se­dert hy in Ju­nie sy toets­bui­ging ge­maak het, het die man­daat om die Bok­ke in die kon­tak­si­tu­a­sies te boe­lie.

Demp­sey is me­ren­deels ’n on­be­ken­de fak­tor in toets­rug­by.

“Hy raak baie ag­gres­sief en dit is waar­van ek hou. Jy het al­tyd een of t­wee sul­ke spe­lers no­dig in jou pak.

“Hy is on­ver­skrok­ke en dit is een van die groot re­des waar­om ek hom hoog aan­slaan. Dit is ook hoe­kom ek hom vir dié wed­stryd ge­kies het.

“Dit is ’n groot toets vir hom teen ’n fi­sie­ke agt­tal en ek voor­sien dat hy vuur met vuur sal be­veg,” het C­hei­ka Demp­sey se deug­de be­sing.

Hy ver­vang Ned Ha­ni­gan, wat se­we toet­se op ’n streep ge­speel het se­dert Ju­nie.

“Ned moes eint­lik nooit so ’n groot la­ding ge­had het nie, ver­al as jy in ag neem dat hy aan die be­gin van die jaar nie eens Su­per­rug­by ge­speel het nie.

“Ons moes en kon hom al ie­wers laat a­sem skep het, maar hy het tot dus­ver so goed ge­vaar,” sê C­hei­ka.

Demp­sey is een van die op­ko­men­de Wal­la­bies wat oor t­wee jaar ’n groot rol by die Wê­reld­be­ker-toer­nooi kan speel.

Sy on­mid­del­li­ke uit­da­ging is om in Bloem­fon­tein te wys hy kan sy ge­wig teen die Bok­ke rond­gooi.

“My rol is nou 100% an­ders. Dit is een ding om as plaas­ver­van­ger op te kom en dan ’n im­pak te maak.

“Ek moet nou pro­beer om die­self­de im­pak te maak wan­neer al­mal vars is. Dit is ’n won­der­li­ke ge­leent­heid.”

Hy sê of­skoon die S­pring­bok­kap­tein, E­ben Et­ze­beth, die groot­ste be­drei­ging in­hou, is die tuis­span “van een tot agt” groot en fi­siek.

“Die Bok­ke is al­tyd sterk op die grond soos ons in Perth ge­sien het en hul ver­moë om kon­tak­si­tu­a­sies te oor­heers maak hul­le ge­dug.”

Demp­sey sê die lie­der­li­ke ne­der­laag wat Suid-A­fri­ka in Al­ba­ny teen die All Blacks ge­ly het, is ge­skie­de­nis.

“Hoe hul­le (die S­pring­bok­ke) daar­op re­a­geer, is bui­te ons be­heer. Ons moet toe­sien dat ons ge­reed is vir e­ni­ge aan­slag.” Ja­mie Jo­seph, hoof­af­rig­ter van Ja­pan se na­si­o­na­le rug­by­span, sal nou ook die Sun­wol­ves in die Su­per­rug­by­reeks brei, het dié land se rug­by­u­nie (JRFU) aan­ge­kon­dig.

Jo­seph, wat as los­voor­spe­ler vir die All Blacks uit­ge­draf het, sal Fi­lo Ti­a­tia as hoof­af­rig­ter van die Sun­wol­ves ver­vang.

“Ek ver­staan die ver­ant­woor­de­lik­heid wat met af­rig­ting op hier­die vlak ge­paard gaan. Ek kan nie wag vir die sei­soen om te be­gin nie,” het Jo­seph ge­sê.

Die Sun­wol­ves het nog nie be­ïn­druk se­dert hul­le in 2016 aan Su­per­rug­by be­gin deel­neem het nie, en Jo­seph, wat ook van­te­vo­re die High­lan­ders in Su­per­rug­by ge­brei het, sal die span se der­de af­rig­ter die af­ge­lo­pe drie sei­soe­ne wees.

Mark Ham­mett het die span in sy eer­ste sei­soen ge­brei, met Ti­a­tia wat die lei­sels van­jaar ge­vat het.

Jack Demp­sey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.