Van Graan glo op pad Mun­ster toe

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Jo­hann van Graan gaan glo die weg baan vir Ras­sie Eras­mus om na Suid-A­fri­ka te­rug te keer.

Van Graan, een van die Bok­ke se hulp­af­rig­ters, gaan vol­gens The I­rish Ti­mes vir Eras­mus ná af­loop van die Rug­by­kam­pi­oen­skap as Mun­ster se rug­by­di­rek­teur op­volg.

Eras­mus sal na Suid-A­fri­ka te­rug­keer om die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se di­rek­teur van rug­by te word so­dra ’n op­vol­ger vir hom by Mun­ster ge­vind word.

Da­ve Wes­sels, wat die We­stern For­ce in die Su­per­reeks af­ge­rig het, is die laas­oor­win­ning te ruk met Eras­mus se pos ver­bind, maar hy het se­dert­dien be­sluit om hom by die Mel­bour­ne Re­bels aan te sluit.

Eras­mus sal glo vir nog ’n ruk by Mun­ster aan­bly so­dat hy Van Graan tou­wys kan maak en die oor­gang glad sal ver­loop.

Mun­ster sal Eras­mus na ver­wag­ting vroe­ër van sy kon­trak vry­stel.

Van Graan, die seun van die Blou Bul­le Maat­skap­py se uit­voe­ren­de hoof, Ba­rend van Graan, was vroe­ër die sei­soen op die u­nie se kort­lys om as hoof­af­rig­ter by Nol­lis Ma­rais oor te neem.

Daar was in 2016 ook ge- rug­te dat hy met die En­gel­se klub Bath on­der­han­del.

Hy het des­tyds sy loop­baan by Lof­tus Vers­feld as ’n vi­deo-ont­le­der be­gin.

Van Graan is die e­nig­ste hulp­af­rig­ter uit die Hey­ne­ke Mey­er-era wat se­dert ver­le­de sei­soen be­hou is in Al­lis­ter Coet­zee se af­rig­ting­span.

Die S­pring­bok-span­be­stuur het by mon­de van ’n woord­voer­der ge­sê hul­le gaan nie kom­men­taar le­wer oor die kwes­sie nie om­dat geen kon­trak­te on­der­te­ken is nie.

Eras­mus het by na­vraag ge­sê hy kan ook nie oor die aan­ge­leent­heid praat nie en het na­vrae na Mun­ster se ska­kel­af­de­ling ver­wys.

Ras­sie Eras­mus

Jo­hann van Graan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.