Só speel jy klaar met al daar­die snuis­te­rye

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief Fo­kus op wat om te hou

Len­te is hier en die ek­stra lig wys jou dalk net pre­sies waar die stof ver­ga­der op ál die on­no­di­ge dit­jies en dat­jies in jou huis.

As die voor­uit­sig van ure met ’n was­be­sem en stof­lap jou nie met op­win­ding vul nie, doen wat die des­kun­di­ges doen: Be­han­del die oor­saak, nie die simp­toom nie.

Dis reg, dis tyd om op te ruim. To­ny Clar­ke, be­stu­ren­de di­rek­teur van die Raw­son-ei­en­doms­groep, het die vol­gen­de wen­ke om jou te help om skoon­skip te maak van al­les wat oor­tol­lig is.

Gaan me­to­dies te werk

Dit kan ui­ter­aard oor­wel­di­gend wees as ’n oor­vol huis jou in die ge­sig staar. Pleks van dit son­der ’n plan aan te pak en die ri­si­ko te loop om die hand­doek in te gooi uit sui­wer frus­tra­sie, be­veel or­ga­ni­seer-ghoe­roes aan dat jy op een ding op ’n slag fo­kus.

Ter­wyl die mees­te van ons ’n spe­si­fie­ke ver­trek, kas of laai sal kies om mee te be­gin, be­veel Ma­rie Kon­do, stig­ter van die KonMa­ri-me­to­de van op­rui­ming (“de­clut­te­ring”), aan dat jy lie­wer ’n ka­te­go­rie van i­tems kies.

Haar raad is dat jy ál jou boe­ke, kle­re of sen­ti­men­te­le be­sit­tings in ’n en­ke­le ruim­te sit en dan al­les op een slag uit­sor­teer. Só sal jy nie in die ver­soe­king kom om snuis­te­rye wat in “min­der be­lang­ri­ke” plek­ke weg­ge­steek lê, te ig­no­reer nie – en jy sal nie on­no­di­ge be­sit­tings van een ka­mer na ’n vol­gen­de dra pleks van om goed weg te gooi nie. Jy sal ook in staat wees om i­tems deur jou he­le huis te kon­so­li­deer en ter­self­der­tyd waar­de­vol­le ruim­te in ver­skeie ver­trek­ke oop­stel.

Moe­nie skul­dig voel

Vol­gens Ruth Sou­kup, skry­wer van Un­stuf­fed: De­clut­te­ring Your Ho­me, Mind and Soul, word ’n klomp van die war­boel om ons ver­oor­saak deur ons on­ver­moë om tus­sen sen­ti­men­te­le waar­de en skuld te on­der­skei.

Sy sê ons het al­mal daar­die erf­stuk of ge­sken­ke van ge­lief­des wat ons ver­plig voel om te hou, maar as dit nie vreug­de of funk­si­o­na­li­teit in jou le­we bring nie, is des­kun­di­ges se raad dat jy dit laat los.

Wan­neer men­se aan op­gaar­ders dink, sien hul­le ge­woon­lik voor hul gees­tes­oog hui­se prop­vol nut­te­lo­se rom­mel, maar ons het al­mal so ’n tik­kie van die op­gaar-in­stink. Voeg daar­by ’n ge­voel van ver­plig­ting om, by­voor­beeld, die fa­mi­lie­ge­skie­de­nis of her­in­ne­rin­ge te be­waar, en jy het die vol­maak­te ver­sko­ning om die deur tus­sen jou en ou­ma­groot­jie se snuis­te­rye vir e­wig ge­sluit te hou.

Dis nie mak­lik om te er­ken dat hier­die eens ge­waar­deer­de be­sit­tings nie meer ’n plek in jou le­we het nie, maar daar is geen re­de om toe te laat dat die ver­le­de jou he­de vol­lê of -staan nie. Fo­kus op van­dag. ’n Al­ge­me­ne wan­per­sep­sie om­trent op­rui­ming is dat ’n mens van al­les ont­slae moet raak. Dit gaan eg­ter ook daar­oor dat jy ’n be­wus­te be­sluit moet neem oor wat om te hou, en dít is die deel waar­op des­kun­di­ges aan­be­veel jy moet fo­kus.

Met die KonMa­ri-me­to­de word voor­ge­stel jy raak fi­siek aan el­ke be­sit­ting en hou net dít wat vir jou vreug­de bring. Dit klink dalk vir die mees­te van ons ef­fe ek­streem, maar die te­o­rie is ge­sond: I­den­ti­fi­seer i­tems wat ’n doel in jou le­we het en maak se­ker dié i­tems kry ’n e­re­plek.

’n Al­ge­me­ne wan­per­sep­sie oor op­rui­ming is dat ’n mens van al­les ont­slae moet raak.

Ont­hou om te skenk

Moe­nie die min­der­be­voor­reg­tes ver­geet wan­neer jy op­ruim nie. Dít wat jy laat gaan, kan ie­mand an­ders se le­we ver­an­der.

Ou kle­re, skoe­ne, bed­de­goed en hand­doe­ke kan di­rek ge­skenk word aan or­ga­ni­sa­sies soos te­hui­se vir ha­we­lo­ses. An­der los i­tems is al­tyd wel­kom by lief­da­dig­heids­win­kels, wat sal se­ker maak die op­brengs­te daar­van kom by ver­dien­ste­li­ke on­der­ne­mings uit.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.