‘SAKP gooi pe­trol op die vuur’

G­we­de looi ven­noot se be­sluit

Beeld - - Voorblad - Sa­rel van der Walt

Pe­trol op die vuur.

Dit is wat G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC, die SAKP se deel­na­me aan ’n tussenverkiesing in die Noord-Vry­staat noem.

Man­tas­he het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg ge­sê die SAKP, ’n ANC-al­li­an­sie­ven­noot, se be­sluit is be­treu­rens­waar­dig, ver­al om­dat hy dit doen in ’n “grens­ge­val­mu­ni­si­pa­li­teit” soos Met­si­ma­ho­lo.

Met­si­ma­ho­lo sluit dor­pe soos Sa­sol­burg, Oran­je­vil­le en De­neys­vil­le in waar die ANC en sy bond­ge­noot, die Met­si­ma­ho­lo Com­mu­ni­ty As­so­ci­a­ti­on, net so­veel se­tels soos die DA, die VF Plus en die EFF het.

Dr. Bla­de N­zi­man­de, hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP wat on­langs uit pres. Ja­cob Zu­ma se ka­bi­net ge­skop is, het die na­week aan­ge­kon­dig dat hul­le ’n kan­di­daat in dié tussenverkiesing gaan stel.

“Wan­neer jy ’n pa­ral­lel­le span toe­laat om op ’n plek soos Met­si­ma­ho­lo ’n ver­kie­sings­veld­tog te voer, is dit soos om pe­trol op die vuur te gooi,” sê Man­tas­he.

Be­ne­wens span­ning tus­sen die ANC en die SAKP, is twee­spalt in die re­ge­ren­de par­ty ook tans op ’n hoog­te­punt.

Man­tas­he het op die me­di­a­kon­fe­ren­sie aan­ge­kon­dig dat ’n taak­span die Oos-Kaap bin­ne­kort sal be­soek om on­der­soek in te stel na waar­om die par­ty se pro­vin­si­a­le kon­fe­ren­sie deur ge­weld ont­sier is.

Vol­gens hom was daar tot dus­ver in die aan­loop tot die na­si­o­na­le par­ty­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber min­der voor­val­le van ge­weld op tak­ver­ga­de­rings as voor vo­ri­ge na­si­o­na­le kon­fe­ren­sies.

Die ANC het ne­ge so­ge­naam­de dis­puut­span­ne land­wyd ont­plooi om ge­skil­le oor kan­di­daat­be­noe­mings in die ou­dit­pro­ses voor die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie te be­sleg, sê Man­tas­he.

Gis­ter is aan­ge­kon­dig dat die ANC se streek­se­kre­ta­ris in die John Ta­o­le Ga­et­se­we-streek in die Noord-Kaap, wat Ku­ru­man in­sluit, ty­de­lik ge­skors is.

Dit volg op die skor­sing van

dr. T­ha­pe­lo Di­cha­ba, ANC-voor­sit­ter van die Fran­ces Baard­streek, waar­in Kim­ber­ley val.

Eers­ge­noem­de streek is be­kend om sy steun aan adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa vir die ANC­pre­si­dent­skap en die Fran­ces Baard-streek se steun is ver­deeld tus­sen Ra­map­ho­sa en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, be­rig C­har­né Kemp.

Oor sy eie po­si­sie het Man­tas­he ge­rug­te ont­ken dat ’n ko­mi­tee aan­ge­stel is om hom te on­der­soek om­dat hy op Ra­map­ho­sa se kan­di­da­te­lys ver­skyn.

Man­tas­he tree op die ANC se na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie ná tien jaar uit as se­kre­ta­ris-ge­ne­raal.

“Hoe­kom sou ie­mand ná ne­ge jaar en 11 maan­de van my pro­beer ont­slae raak,” vra hy.

“Ek is hier om die ANC te dien.”

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, ont­ken dit ook en sê dit is fop­nuus dat Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, die on­der­soek na Man­tas­he sal lei.

Man­tas­he sê daar sal 5 240 af­ge­vaar­dig­des op die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie wees. 4 731 kom van ANC-tak­ke land­wyd. Die res kom on­der meer uit die ge­le­de­re van die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK), pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tees en or­ga­ni­sa­sies soos die vrou­e­li­ga, die jeug­li­ga en die mi­li­tê­re ve­te­ra­ne.

In dié sta­di­um het 70% van tak­ke al hul jaar­ver­ga­de­rings ge­hou om af­ge­vaar­dig­des aan te wys. Man­tas­he hoop dat 100% van tak­ke op die kon­fe­ren­sie teen­woor­dig sal wees.

G­we­de Man­tas­he

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.