El­ton John be­stel Ja­c­ques Pauw se boek

Beeld - - Voorblad - – Ma­ri­a­na Ma­lan

Die B­rit­se san­ger sir El­ton John het ’n ge­te­ken­de ek­sem­plaar van die on­der­soe­ken­de joer­na­lis Ja­c­ques Pauw se op­spraak­wek­ken­de boek The Pre­si­dent’s Kee­pers be­stel.

Je­an Pie­ters, wat re­kla­me vir nie­fik­sie by NB Uit­ge­wers doen, het be­ves­tig dat die ver­soek per e-pos deur John se stig­ting aan die uit­ge­wer ge­rig is.

“Ons kan nie die pre­sie­se in­houd van die e-pos be­kend maak nie,” het sy ge­sê. El­ton John wil nie die ver­soek aan die groot klok hang nie.”

Die boek is reeds on­der groot be­lang­stel­ling in Jo­han­nes­burg be­kend ge­stel.

Die boek word van­dag in Kaap­stad be­kend ge­stel. Pie­ters sê Pauw weet nog nie van John se ver­soek nie.

“Ek dink hy gaan van sy stoel af­val,” het sy ge­sê. Sy sal John se ek­sem­plaar by die be­kend­stel­ling vir hom laat on­der­te­ken.

El­ton John

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.