Fees in Pa­rys gaan weer blom

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Blom­lief­heb­bers kan hul­le reg­maak vir Pa­rys se twee­de Vry­staat­se Ma­dei­ra-blom­me­fees.

Ken­ny Di­cha­be, hoof van die Vry­staat­se dob­bel-, drank- en toe­ris­me­raad, sê die eer­ste fees in 2016 was ’n groot suk­ses, nie net vir Pa­rys en die Vry­staat nie, maar ook vir die he­le land.

Sier­wa­ens met blom­me, reus­ag­ti­ge ma­ri­o­net­te, uit­stal­lings, slyp­sko­le oor blom­ver­bou­ing, ’n kon­fe­ren­sie en ’n te­a­ter­pro­duk­sie het ver­le­de jaar deel ge­vorm van twee dae se fees­vie­rin­ge in Pa­rys.

Di­cha­be sê die pro­vin­si­a­le re­ge­ring wil van­jaar se fees nog gro­ter en be­ter maak. Die fees, die gees­tes­kind van Ace Ma­gas­hu­le, die pre­mier, en pres. Mi­guel Al­bu­quer­que van Ma­dei­ra is op Ma­dei­ra se jaar­lik­se blom­me­fees ge­skoei.

Ma­gas­hu­le en Al­bu­quer­que sal van­jaar se fees by­woon.

So­wat 500 dan­sers is slag­ge­reed vir die skou­spel, sê Di­cha­be. Hul­le sal saam met sier­wa­ens deur die dorp se stra­te be­weeg en die vyf dis­trik­te van die Vry­staat uit­beeld.

Kun­di­ges van Ma­dei­ra is tans in Suid-A­fri­ka om te help met die bou en ont­werp van die sier­wa­ens.

Die Pa­le­sa Pa­ra­de, wat deel van die dag se fees­vie­rin­ge is, sal die groot­ste straat­te­a­ter in die land wees, sê Di­cha­be.

Par­keer­plek en die by­wo­ning van ge­leent­he­de is gra­tis.

Men­se kan op so­si­a­le me­dia meer uit­vind oor die ge­leent­heid. Op Fa­ce­book is die blad FS Flo­wer Fe­s­ti­val, op T­wit­ter kan jy @FSFlo­werFest volg en op In­sta­gram is daar meer te sien by fsma­dei­raf­lo­wer­fest.

Sier­wa­ens, wat die Vry­staat­se dis­trik­te uit­beeld, is met dui­sen­de blom­me ver­sier.

Fo­to’s: A­LET VAN DER WALT

In­wo­ners en be­soe­kers aan Pa­rys ge­niet die op­tog van reus­ag­ti­ge ma­ri­o­net­te en sier­wa­ens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.