Pi­rel­li­werk ’n ka­tar­sis vir SA al­bi­no­mo­del

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

T­han­do Ho­pa, Suid-A­fri­kaan­se al­bi­no-mo­del en men­se­reg­te­pro­ku­reur, pryk aan die sy van W­hoo­pi Gold­berg in 2018 se Pi­rel­li-ka­len­der.

Ho­pa is die Prin­ses van Har­te in dié ge­sog­te ka­len­der, wat vol­gen­de jaar ’n A­li­ce in Won­der­land-te­ma het.

An­der be­ken­des in die ka­len­der is Na­o­mi Camp­bell, Lu­pi­ta Nyong’o en Se­an (Did­dy) Combs.

Die mo­de­fo­to­graaf Tim Wal­ker het fo­to’s ge­neem vir dié i­ko­nie­se ka­len­der se 2018-uit­ga­we en dit is ge­sti­leer deur die nu­we re­dak­teur van die B­rit­se Vo­gue, Ed­ward Ennin­ful.

Vol­gens Vo­gue het Ho­pa en die Suid-Soe­da­ne­se mo­del Duckie T­hot ge­huil toe die fo­to­ses­sie vir die ka­len­der ver­by was.

“Dit het soos ’n ka­tar­sis ge­voel – ver­skil­len­de stem­me wat van ver­skil­len­de ag­ter­gron­de saam­ge­kom het om ’n bood­skap van in­klu­si­wi­teit en ver­teen­woor­di­ging te bring,” het Ho­pa ge­sê. “Die vlak en ge­wig van wat ons ge­doen het . . . ons het dit ge­voel.”

Pi­rel­li het die laas­te paar jaar weg­be­weeg van die wulp­se “ka­len­der­mei­sies” waar­voor sy ka­len­ders be­kend ge­word het van­dat dit in 1964 vir die eer­ste keer uit­ge­reik is.

Vir die 2016-ka­len­der het die grens­ver­skui­wen­de An­nie Lei­bo­vitz vroue af­ge­neem wat be­kend is om hul pres­ta­sie en nie hul voor­koms nie. Vir van­jaar se ka­len­der het Pe­ter Lind­bergh swart-en-wit fo­to’s ge­neem van gri­me­ring­lo­se ak­tri­ses wat ten vol­le ge­klee was.

Ho­pa het die na­week ’n rok ont­werp deur die Suid-A­fri­ka­ner Gert-Jo­han Coet­zee ge­dra op die be­kend­stel­ling van die Pi­rel­li-ka­len­der in New York.

“Dis die ont­wer­per wat my vyf jaar ge­le­de ont­dek het toe ek nie ge­dink het ek sal ooit ’n mo­del word nie. Ek het net saam met hom ge­werk op voor­waar­de dat ons po­si­tie­we ver­teen­woor­di­ging en mens­lik­heid deur mo­de skep. Vyf jaar la­ter kan ek sy rok dra ter­wyl Pi­rel­li ’n sterk kul­tu­re­le stel­ling maak,” het Ho­pa op so­si­a­le me­dia ge­skryf.

Coet­zee het Ho­pa in ’n win­kel­sen­trum raak­ge­sien en haar voor­ge­keer. Sy ver­skyn se­dert­dien in sy mo­de­ver­to­nings en is een van sy mu­ses.

Ho­pa het die su­per­mo­del Na­o­mi Camp­bell be­dank vir haar men­tor­skap en om­gee op die stel van die Pi­rel­li-fo­to­ses­sies. Sy het ook ’n an­der su­per­mo­del wat in die ka­len­der ver­skyn, Ad­woa A­bo­ah, be­dank dat sy Wal­ker van haar be­wus ge­maak het.

“Jy het nooit ge­dink jy sal ’n mo­del word nie en nou staan jy langs Na­o­mi Camp­bell,” het ’n trot­se Coet­zee op so­si­a­le me­dia aan Ho­pa ge­skryf. “So trots op jou en jou pres­ta­sies!”

Fo­to: IN­STA­GRAM/@PI­REL­LI

T­han­do Ho­pa en W­hoo­pi Gold­berg in die 2018 Pi­rel­li­ka­len­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.