Dy­lan se ou ki­taar haal mil­joe­ne ran­de

Beeld - - Nuus -

Die ki­taar waar­op Bob Dy­lan in 1971 ge­speel het in die Con­cert for Bangla­desh by Ma­di­son S­qua­re Gar­den in New York en ook in sy Rol­ling T­hun­der Re­vue-toer van 1975 en 1976, is vir $396 000 (by­na R6 mil­joen) op­ge­veil.

Vol­gens die mu­siek­tyd­skrif Rol­ling S­to­ne het ’n a­no­nie­me ko­per dié be­drag vir die Mar­tin D-28a­koes­tie­se ki­taar van 1963 be­taal.

As­so­ci­a­ted P­ress be­rig Lar­ry Cragg, Dy­lan se ki­taar­teg­ni­kus, het die ki­taar laat op­ge­veil.

Cragg het in 1977 die ki­taar vir $500 by Dy­lan ge­koop. Die oor­spronk­li­ke kwi­tan­sie is in­ge­sluit.

“Vol­gens Cragg is die ki­taar, met los sna­re, in die 40 jaar wat hy dit be­sit het, in ’n ka­mer ge­stoor waar die hu­mi­di­teit be­heer is.

“Dit is nie ge­bruik se­dert Dy­lan in 1977 laas daar­op ge­speel het nie,” het die af­sla­er, He­ri­ta­ge Aucti­ons, ge­sê.

Dy­lan het in 1977 be­sluit om uit­sluit­lik met Gib­son-ki­ta­re te speel en het die ki­taar toe aan Cragg ver­koop het.

Vol­gens Rol­ling S­to­ne is Dy­lan se Fen­der S­tra­to­cas­ter van die Ne­w­port-folk­fees van 1965 in 2013 vir die re­kord­be­drag van $965 000 ver­koop.

Fo­to: AP

Die 1963­ Mar­tin D­28­ a­koes­tie­se ki­taar wat Bob Dy­lan in die Con­cert for Bangla­desh ge­bruik het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.