Reeks­ver­krag­ter kry 140 jaar tronk­straf

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

’n Reeks­ver­krag­ter is in die rond­gaan­de hof in Pot­chef­stroom tot ef­fek­tief 140 jaar tronk­straf ge­von­nis.

Te­bo­go Is­rael Ma­ti­wa­ne (26) het te­reg­ge­staan op ses aan­klag­te van ver­krag­ting en roof, het lt.kol. A­dé­le My­burgh, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, Maan­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die mis­dry­we is tus­sen A­pril 2008 en Maart 2016 in Pot­chef­stroom en Ik­ageng ge­pleeg.

In een van die voor­val­le in 2008 het Ma­ti­wa­ne en ’n on­be­ken­de mak­ker ’n 47-ja­ri­ge vrou langs ’n woon­stel­blok in Pot­chef­stroom oor­rom­pel.

“Hul­le het haar op die grond vas­ge­druk, haar met ’n mes ge­dreig en be­veel om nie te skree nie,” sê My­burgh.

“Toe het hul­le haar kle­re uit­ge­trek en haar ver­krag. Ma­ti­wa­ne se mak­ker het haar si­ga­ret­te en aan­ste­ker ge­vat voor­dat hul­le ge­vlug het.”

In nog ’n voor­val het Ma­ti­wa­ne ’n 23-ja­ri­ge vrou in Fe­bru­a­rie 2016 na­by ’n sta­di­on in Ik­ageng ver­krag toe sy op pad was bi­bli­o­teek toe. Hy het haar ook met ’n mes ge­dreig en haar twee sel­fo­ne en ’n bank­kaart ge­steel.

“Ma­ti­wa­ne is en­ke­le maan­de daar­na vas­ge­trek ná ’n on­der­soek waar­ty­dens hy met DNS-be­wy­se met an­der sa­ke ver­bind is,” sê My­burgh.

“Sy slag­of­fers was ge­woon­lik niks­ver­moe­den­de vroue wat al­leen ge­stap het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.