Bloed was net te veel, sê uit­smy­ter

Me­di­ka­sie be­moei­lik man se be­han­de­ling

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

“Sul­ke goed ge­beur dalk el­ke dag, maar dis my kind,” sê Pi­ne Pie­naar oor sy seun wat die na­week in ’n nag­klub in P­re­to­ria aan­ge­rand is.

Lou­is (38), ’n IT-be­stuur­der, is in ’n ge­ïn­du­seer­de ko­ma in die waak­een­heid van die Li­fe Wil­gers-hos­pi­taal. Hy is aan ’n a­sem­ha­lings­ma­sjien ge­kop­pel.

Hy en sy B­rit­se vrou, Coryn­ne, en hul seuns, A­den (6) en Finn (3), het d­rie maan­de ge­le­de van Ba­sing­sto­ke in En­ge­land na Suid-A­fri­ka ver­huis.

Vry­dag­aand het Lou­is en sy neef, Chris­ti­an Cron­jé, in Ma­di­son A­ve­nue in Lynn­wood­weg ge­kui­er. Hy is Sa­ter­dag vroeg­og­gend bui­te die klub aan­ge­rand.

Hy het bloe­ding op die brein. Vol­gens sy pa is dok­ters ver­al be­kom­merd oor die bloe­ding links voor wat sy spraak kan aan­tas.

Wat die si­tu­a­sie be­moei­lik, is dat Lou­is war­fa­rin, ’n an­ti­bloed­stol­mid­del, ge­bruik weens ’n kuns­ma­ti­ge hart­klep.

“Dok­ters hou hom fyn dop, want as die bloe­ding nie van­self op­klaar nie, sal hul­le moet o­pe­reer.”

Lou­is het 18 jaar oor­see ge­woon. “Hul trek het skaars ver­le­de week in die land aan­ge­kom,” sê Pi­ne.

Hy en Chris­ti­an het ge­dans toe ’n klomp vrien­de by die nag­klub aan­ge­kom en een glo met Lou­is be­gin skoor­soek het.

Hul­le is bui­ten­toe, waar Pie­naar van ag­ter ge­slaan is. Cron­jé sê sy neef het neer­ge­sak en is weer ge­slaan toe hy pro­beer op­staan.

Xan­der Mur­ray, ’n uit­smy­ter by Ma­di­son A­ve­nue, sê hy het die ba­klei­e­ry nie self ge­sien nie, maar ’n vrou het hom na die par­keer­ter­rein ge­roep.

“Ek het met die nood­hulp­kis­sie uit­ge­hol. Ek het ver­ban­de om Lou­is se kop pro­beer draai, maar daar was te veel bloed. Ek het vir sy neef ge­sê om eer­der self na die hos­pi­taal te ry as om vir ’n am­bu­lans te wag.”

Kapt. Il­ze Jo­nes, woord­voer­der van die Gars­fon­tein­po­li­sie­kan­toor, sê ’n saak van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer word on­der­soek.

Sy sê die po­li­sie neem ver­kla­rings van om­stan­ders en an­der be­trok­ke­nes af.

Die po­li­sie vra men­se wat die ba­klei­e­ry ge­sien het om na vo­re te kom.

Lou­is Pie­naar en sy vrou, Coryn­ne, en seuns, A­den en Finn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.