Man op straat in Sand­ton dood­ge­skiet

Beeld - - Nuus - – And­rea K­ü­sel

’n Man is Maan­dag­aand op die hoek van Kat­her­i­ne­straat en Den­nis­weg in Sand­ton, Jo­han­nes­burg, dood­ge­skiet.

Pa­ra­me­di­ci is om­streeks 20:00 na die to­neel ont­bied na­dat ’n lid van die pu­bliek ver­skeie sko­te ge­hoor het.

“By hul aan­koms op die to­neel het pa­ra­me­di­ci die man in die pad sien lê met ’n skiet­wond in die bors,” sê Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van ER24.

Pa­ra­me­di­ci het die man on­der­soek en hy is op die to­neel dood ver­klaar. Mei­ring sê meer be­son­der­he­de is nog nie be­kend nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.