‘Fees­man’ weg met baie se geld

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die in­wo­ners van Bel­fast, ’n dor­pie in M­pu­ma­lan­ga, is op hol na­dat ’n “fees­or­ga­ni­seer­der” on­langs met tien­tal­le men­se se geld ver­dwyn het.

Hy het vol­gens dor­pe­naars ver­skeie men­se oor­reed om geld aan hom te be­taal vir stal­le­tjies op die “len­te­fees” wat hy in die dorp sou hou.

Dit was so­wat twee maan­de ge­le­de, en die fees het nooit die lig ge­sien nie. Die swen­de­laar is vort met tien­dui­sen­de ran­de, as­ook ’n in­wo­ner se mo­tor.

Nou is die po­li­sie in Bel­fast op soek na ene Dirk Gro­bler, wat moont­lik kan help om die saak op te los.

Cin­dy K­riek van die Pig & Pickle-kroeg in Bel­fast sê ’n man het haar ’n paar maan­de ge­le­de ge­vra of hy die kroeg kan ge­bruik om ’n fees te hou.

“Ons het ge­sê hy kan die ter­rein ge­bruik, maar hy moet self al die re­ë­lings tref. Hy moes on­der meer toe­stem­ming by die mu­ni­si­pa­li­teit vra vir so ’n fees,” sê sy.

Vol­gens K­riek het die man die fees op plak­ka­te en op so­si­a­le me­dia be­gin ad­ver­teer.

“Hy het baie men­se se ver­troue ge­wen.

“As hy ge­hoor het van ’n mark­dag, het hy soon­toe ge­gaan en die fees be­mark. So het hy die men­se ge­kry om stal­le­tjies by hom te koop.”

K­riek sê men­se van on­der meer Mid­del­burg, Ma­cha­do­dorp, Dull­stroom en Ly­den­burg het al­mal geld aan die man ge­gee vir stal­le­tjies by die “Bel­fast-Len­te­fees”.

Die swen­de­laar het by ’n vriend in Bel­fast ge­woon, sê K­riek. Hy het dié vriend se spaar­re­ke­ning ge­bruik om­dat hy self glo sy i­den­ti­teits­do­ku­ment ver­loor het en dus nie ’n bank­re­ke­ning kon oop­maak nie.

Die men­se wat stal­le­tjies be­spreek het, het geld in dié re­ke­ning be­taal.

Vol­gens ao. Wil­lie de Waal van die Bel­fast-po­li­sie­kan­toor is meer as R56 000 in die re­ke­ning be­taal, maar die “fees­or­ga­ni­seer­der” het ook kon­tant ont­vang.

On­ge­veer twee we­ke voor die fees, wat van 22 tot 25 Sep­tem­ber ge­hou sou word, het hy soos ’n groot speld ver­dwyn.

Hy het ’n werk­ne­mer van die Pig & Pickle, Ma­rie­tjie S­mit, se mo­tor­sleu­tels ge­vat en is met die mo­tor vort.

“Die laas­te wat ons ge­hoor het, is dat my mo­tor in Wit­bank ge­sien is.

“Dit is ’n sil­wer Dai­hat­su Si­ri­on,” sê S­mit.

E­ni­ge per­soon met meer in­lig­ting kan De Waal kon­tak by 083 331 9591.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Dirk Gro­bler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.