Kind aan boom ge­bind: 2 in hof

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Ses men­se is gis­ter­mid­dag aan­ge­keer na­dat ge­weld uit­ge­breek het bui­te die land­dros­hof in Bronk­horst­spruit waar twee mans ver­skyn het na­dat hul­le glo ’n ne­ge­ja­ri­ge mei­sie aan ’n boom vas­ge­bind en haar aan­ge­rand het.

Be­to­gers bui­te die hof is glo ont­sto­ke om­dat Jo­han­nes Ja­co­bus Pot­gie­ter (34), ’n boer, en Hein­rich Du­mas (48), sy be­stuur­der, in Ok­to­ber op borg­tog van R3 000 elk vry­ge­laat is.

“Die be­to­ging het ge­weld­da­dig ge­raak, waar­na die po­li­sie rub­ber­koe­ëls moes ge­bruik om die groep uit­een te jaag,” sê kapt. Ma­vela Ma­son­do, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der.

Ma­son­do sê ses men­se is aan­ge­keer weens o­pen­ba­re ge­weld. Vol­gens Ma­son­do het die be­to­gers ’n ge­bou langs die land­dros­hof be­ska­dig.

Die saak teen Pot­gie­ter en Du­mas is tot 13 Maart uit­ge­stel. “Die saak is vir ver­de­re on­der­soek uit­ge­stel. Die po­li­sie wag nog op ’n bal­lis­tie­se ver­slag,” sê An­to­nie Ven­ter, die twee mans se pro­ku­reur.

Pot­gie­ter en Du­mas is op 10 Sep­tem­ber aan­ge­keer na­dat hul­le die mei­sie van die na­by­ge­leë towns­hip glo die vo­ri­ge dag aan ’n boom vas­ge­bind, ge­klap, ’n vuur­wa­pen teen haar kop ge­druk en sko­te op haar, haar boe­tie en nog ’n seun af­ge­vuur het.

Konst. Pe­ter Ma­che­be, die on­der­soek­be­amp­te, het vroe­ër ge­tuig dat die mei­sie saam met die seuns en hul hon­de gaan stap het. Die hon­de het vo­ëls ge­jaag en die kin­ders is ag­ter­na tot op Pot­gie­ter se om­hein­de plaas. Daar is toe glo op hul­le ge­skiet en die kin­ders het weg­ge­hard­loop. Die mei­sie is eg­ter ge­vang.

Pot­gie­ter het ge­tuig dat hul­le ge­reeld pro­ble­me met on­wet­ti­ge jag­ters het. Toe hy dus men­se op ’n kop­pie in ’n om­hein­de ge­bied sien, het hy Du­mas ge­bel om te kom help. Hy het op pad d­rie hon­de ge­kry wat hy met ’n skoot in die grond ver­jaag het. Dit het die men­se op die kop­pie laat hard­loop, maar Du­mas het die mei­sie ge­vang en na die plaas­huis ge­neem. Sy het glo er­ken dat hul­le daar was om spring­bok­ke te jag. Sy is ge­waar­sku om dit nie weer te doen nie en laat gaan.

Fo­to: HANTI OTTO

Jo­han­nes Ja­co­bus Pot­gie­ter (34) en Hein­rich Du­mas (48) des­tyds in die land­dros­hof in Bronk­horst­spruit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.