Mis­daad­sy­fers: Dié po­li­sie­kan­to­re suk­kel

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Die ge­brek aan lei­er­skap het daar­toe aan­lei­ding ge­gee dat twee po­li­sie­kan­to­re in Gau­teng die swak­ste pres­teer het in die af­ge­lo­pe boek­jaar.

Dít is gis­ter deur lt.genl. De­li­we de Lan­ge, Gau­teng­se po­li­sie­kom­mis­sa­ris, by die be­kend­ma­king van mis­daad­sta­tis­tie­ke in die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer aan­ge­kon­dig.

Vol­gens haar het die A­ka­sia-po­li­sie­kan­toor in P­re­to­ria en die Mof­fat­view-po­li­sie­kan­toor suid­oos van Jo­han­nes­burg nie hul tei­ken vir die af­ge­lo­pe boek­jaar ge­haal nie weens ’n ge­brek aan lei­er­skap by dié po­li­sie­kan­to­re.

“Dié kan­to­re is son­der sta­sie­be­vel­voer­ders, wat ver­wy­der is weens on­der meer kor­rup­sie.

“Ons het klag­tes van ge­meen­skaps­le­de ge­kry,” sê sy.

De Lan­ge sê die pro­vin­sie het in­ge­gryp om­dat “wan­neer

‘‘

Die ge­brek aan lei­er­skap het aan­lei­ding ge­gee dat twee po­li­sie­kan­to­re die swak­ste pres­teer.

dit sleg gaan met die kop, vaar die lig­gaam ook nie goed nie”.

Vol­gens De Lan­ge het Gau­teng die af­ge­lo­pe boek­jaar goed ge­vaar met die stryd teen trio-mis­da­de: huis­roof­tog­te, sa­ke­roof­tog­te en ka­pings.

“Dit is die eer­ste keer in ja­re dat daar ’n af­na­me in trio-mis­da­de is,” sê sy.

Vol­gens die pro­vin­si­a­le mis­daad­sta­tis­tie­ke is E­den­va­le die erg­ste in E­kur­hu­le­ni, met 2 699 sa­ke wat in 2015-’16 aan­ge­meld is. Dié sy­fer het ge­klim na 2 959 in 2016-’17.

In Mid­rand is 8 097 sa­ke in die 2016-’17-boek­jaar aan­ge­meld – 1 071 meer as in die vo­ri­ge boek­jaar.

In Tshwa­ne is 4 912 sa­ke in die 2016-’17-boek­jaar in Ma­me­lo­di-Oos aan­han­gig ge­maak (’n sty­ging van 11,2%).

Van­der­bijl­park in die Se­di­beng-mu­ni­si­pa­li­teit toon ’n toe­na­me van 5,8% – 6 104 sa­ke is in die 2016-’17-boek­jaar aan­ge­meld.

In Mo­ga­le Ci­ty het Mul­ders­drift die erg­ste sta­tis­tie­ke. 1 481 sa­ke is in die 2015-’16-boek­jaar aan­han­gig ge­maak en 1 626 in die af­ge­lo­pe boek­jaar.

Fo­ch­vil­le in Me­ra­fong se sa­ke het met 4,4% ge­styg. 1 515 sa­ke is die af­ge­lo­pe boek­jaar aan­ge­meld.

P­re­to­ria-Wes, A­lex­an­dra in Jo­han­nes­burg en Tem­bi­sa in E­kur­hu­le­ni het die af­ge­lo­pe boek­jaar die bes­te ver­toon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.