Hen­ri van B­re­da se saak vir by­na twee we­ke uit­ge­stel

Beeld - - Nuus - – Ja­na B­rey­ten­bach

Reg­ter Si­raj De­sai het gis­ter Hen­ri van B­re­da se ver­soek toe­ge­staan om die saak vir by­na twee we­ke uit te stel.

De­sai was nie be­ïn­druk dat adv. Pie­ter Bo­tha uit­stel tot 27 No­vem­ber ge­vra het nie, maar het be­vind dit is wel in die be­lang van ge­reg­tig­heid om dit toe te staan.

Bo­tha wil in dié tyd die ver­slag van dr. Ja­mes But­ler, Van B­re­da se neu­ro­loog, be­kom en dit aan die staat, as­ook Elspeth Bur­ke, hul laas­te ge­tuie, gee.

But­ler het reeds ’n kort ver­slag saam­ge­stel wat aan die staat ge­gee is, maar Bo­tha wil hê But­ler moet in meer diep­te ge­tuig oor die twee uur en 40 mi­nu­te dat Van B­re­da die og­gend van die moor­de glo be­wus­te­loos was.

But­ler het Van B­re­da vyf dae lank in die Me­di­cli­nic Con­stan­ti­a­berg be­han­del na­dat hy ver­le­de Woens­dag ’n e­pi­lep­tie­se aan­val ge­had het.

Van But­ler se ge­tui­e­nis oor­vleu­el met Bur­ke s’n en daar­om moet sy ook toe­gang tot sy ver­slag kry.

Oor die e­tie­se kwes­sie dat Bur­ke eers as ge­tuie vir die staat aan­ge­gee is, het adv. Su­san Gal­lo­way gis­ter be­ves­tig But­ler is nooit amp­te­lik as staats­ge­tuie aan­ge­dui nie en daar­om het sy nie be­swa­re as Bo­tha hom as ge­tuie roep nie.

De­sai was oog­lo­pend be­kom­merd oor die uit­stel om­dat hy die saak teen ein­de van­jaar wou af­han­del. “Ek het ook ’n le­we wat moet voort­gaan,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.