Ni­gel Plaat­jies gaan nie ge­tuig

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Ni­gel Plaat­jies, wat ver­le­de Don­der­dag in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad aan­ge­dui het dat hy on­der eed sal ge­tuig, het gis­ter van plan ver­an­der.

Ni­gel en Jo­han­nes Plaat­jies, sy oom, staan te­reg op ver­skeie aan­klag­te, on­der meer van moord op die skry­wer Win­nie Rust.

Haar man, dr. Her­ma­nus Rust, het haar lyk op 11 Mei 2016 in hul huis in Wel­ling­ton ge­vind.

Die staat voer aan Ni­gel en sy oom het haar vas­ge­bind en ge­wurg of ver­smoor ter­wyl sy ver­be­te te­rug­ge­veg het.

Hul­le wou na be­we­ring ook haar man pro­beer dood­maak deur ’n bran­den­de kers by ’n oop gas­stoof in die huis te los na­dat Win­nie ver­moor is.

Ver­skeie ar­ti­kels is uit die huis ge­steel, waar­on­der twee goue rin­ge, en R5 000 is uit Win­nie se bank­re­ke­ning ont­trek.

Hul­le is na be­we­ring daar­na na Ga­me in die Paarl en het krui­de­niers­wa­re en ’n sel­foon met haar bank­kaar­te ge­koop.

Jo­han­nes het skuld ont­ken op al die aan­klag­te en aan­ge­voer dat hy nie die be­trok­ke dag in Wel­ling­ton was nie.

Ni­gel het skuld be­ken op ’n aan­klag van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, ’n aan­klag van dief­stal en vier aan­klag­te van be­drog. Hy ont­ken dat hy Win­nie ver­moor het of haar man wou ver­moor deur hul huis aan die brand te pro­beer steek.

Ni­gel het ’n lang pleit­ver­dui­de­li­king by die hof in­ge­dien waar­in hy be­weer dat Jo­han­nes hom ge­na­der het om Win­nie se huis te be­roof om­dat hy an­der men­se geld skuld.

Ni­gel het ver­le­de Woens­dag be­weer hy voel te siek om te ge­tuig. Adv. Yas­min Ra­jap, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, het die hof in­ge­lig dat hy “siek en lig­hoof­dig” voel en hy dus nie be­hoor­lik met hom kon kon­sul­teer nie.

Toe hy gis­ter moes ge­tuig, het hy die hof weer in­ge­lig dat hy hoof­pyn het na­dat hy ’n bloed­vint op die voor­kop uit­ge­druk het.

Reg­ter E­li­ze S­teyn het aan Ni­gel ge­sê dit is “non­sens” en dat die ver­hoor met of son­der sy ge­tui­e­nis sal voort­gaan.

S­teyn het die hof ver­daag so­dat Ni­gel na ’n dok­ter ge­neem kon word.

Die reg­span­ne het min­der as 20 mi­nu­te la­ter te­rug­ge­keer.

Ra­jap het ge­sê sy het met Ni­gel ge­praat en hy voel nie siek ge­noeg om dok­ter toe te gaan nie, maar hy het ook be­sluit om nie te ge­tuig nie.

S­teyn het Ni­gel ge­vra of Ra­jap die regs­im­pli­ka­sies aan hom ver­dui­de­lik het, waar­op hy in­stem­mend ge­ant­woord het.

Ni­gel se saak is daar­na ge­sluit son­der dat e­ni­ge ge­tui­es vir sy ver­de­di­ging ge­roep is.

Adv. Ken Klop­per, Jo­han­nes se regs­ver­teen­woor­di­ger, het daar­na ook sy kli­ënt se saak af­ge­sluit son­der dat hy ge­tuig het.

Die saak is vir slot­be­toë tot Maan­dag uit­ge­stel.

‘‘

Reg­ter E­li­ze S­teyn het aan Ni­gel ge­sê dis ‘non­sens’ en dat die ver­hoor met of son­der sy ge­tui­e­nis sal voort­gaan.

Fo­to: PE­TER ABRAHAMS, SON

Ni­gel en sy oom Jo­han­nes Plaat­jies in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.