G’n dwelm in eg­paar se oor­skot

RAAISELDOOD Hul bloed be­vat nie che­mie­se stow­we

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron en May­ge­ne de Wee

Geen dwelms, me­di­sy­ne, gif of e­ni­ge an­der che­mie­se stow­we is in Ja­c­ques (30) of Su­ni­ta van Dyk (32) se bloed ge­vind nie.

Dit is die be­vin­ding in die tok­si­ko­lo­gie­ver­slag wat aan Reg­hard van Dyk, Ja­c­ques se broer, oor­han­dig is.

Die Van Dyk-eg­paar is in Mei in raai­sel­ag­ti­ge om­stan­dig­he­de in hul bran­den­de huis op ’n plaas na­by Wel­ling­ton dood.

Su­ni­ta was in ’n bad vol wa­ter en Ja­c­ques het op die vloer van die bad­ka­mer ge­lê.

Anelma le Roux, een van Su­ni­ta se bes­te vrien­din­ne, het gis­ter in re­ak­sie op die ver­slag ge­sê die brand was vol­gens haar en an­der vrien­de nie ’n on­ge­luk nie.

“Die kag­gel het nie die brand ver­oor­saak nie.

“Ie­mand het dit be­gin, maar ons weet nie wie nie en ons sal e­nig­iets doen om te weet wie dit was,” sê sy.

Reg­hard het vroe­ër ge­sê vrae het oor die brand ont­staan. Hy was gis­ter nie be­skik­baar om kom­men­taar op die ver­slag te le­wer nie.

Lui­dens die lyk­skou­ings­ver­slag is Su­ni­ta se nek­been­tjie ge­breek voor­dat sy dood is.

Die oor­saak van haar dood was rook­i­na­se­ming. Die nek­be­se­ring dui aan dat sy moont­lik ge­wurg is.

Ja­c­ques is ook weens rook­i­na­se­ming dood.

Die po­li­sie han­teer die saak nie as ’n mis­daad waar­by ’n der­de par­ty be­trok­ke is nie, sê ’n po­li­sie­bron.

Su­ni­ta het na be­we­ring ’n ver­hou­ding ge­had met Da­nie le Roux, hoof van die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um, waar sy ’n on­der­wy­se­res was.

Daar is voor­heen be­rig dat Ja­c­ques van dié ver­hou­ding ge­weet het.

Die eg­paar is in Mei 2012 ge­troud.

’n W­hat­sApp-bood­skap wat van Su­ni­ta op die voor­aand van die brand aan Eloi­se le Roux, Da­nie se vrou, ge­stuur is, het ge­lui: “Ek’t m**r baie pil­le ge­drink.”

‘‘

Die kag­gel het nie die brand ver­oor­saak nie. Ie­mand het dit be­gin, maar ons weet nie wie nie en ons sal e­nig­iets doen om te weet wie dit was.

— ANELMA LE ROUX

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ja­c­ques en Su­ni­ta van Dyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.