Trau­ma, toe dood­sko­te

Woe­de oor die par­ke­raad se op­tre­de

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Be­wa­rings­be­wus­tes is op die oor­logs­pad oor ’n o­li­fant­kalf en ’n op­ge­sko­te o­li­fant­koei wat ver­moe­de­lik voor stro­pers in Mo­sam­biek uit­ge­vlug het en toe ver­le­de week op ’n plaas in Ko­ma­ti­poort, M­pu­ma­lan­ga, dood­ge­skiet is.

S­ma­rag­da Louw van die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie Ban A­ni­mal Tra­ding (Bat) het gis­ter ge­sê Bat en die EMS-stig­ting eis ant­woor­de van die M­pu­ma­lan­ga-toe­ris­me-en-par­ke-a­gent­skap (MTPA) oor die olifante se dood.

“Ons wil weet of die dood­skiet van die olifante die heel laas­te op­sie was en of die die­re nie moont­lik her­ves­tig kon word nie. Dit was twee klein olifante wat be­slis geen ska­de kon aan­rig nie. Die MTPA kan dus nie sê hul­le was so­ge­naam­de pro­bleem­die­re nie.”

Michele Pickover van die EMS-stig­ting sê die MTPA se op­tre­de is on­aan­vaar­baar. “Die twee o­li­fant­jies was reeds ge­trau­ma­ti­seerd deur­dat hul­le van hul trop ge­skei is. Nou word hul­le dood­ge­skiet.”

’n Bron in die MTPA wat a­no­niem wil bly, sê die twee die­re was ver­wil­derd en dui­de­lik ge­trau­ma­ti­seerd toe amp­te­na­re op hul­le af­ge­kom het. Hul­le het van hul trop weg­ge­breek en voor die ge­vaar uit­ge­vlug, sê hy.

In­wo­ners van die ge­bied het die MTPA so­wat ’n week ge­le­de ge­bel en ge­sê hul­le sien twee jong olifante in die teer­pad bui­te Ko­ma­ti­poort hard­loop, sê die woord­voer­der.

Dit is so­wat 30 km van die grens met Mo­sam­biek.

“Ons het geen an­der uit­weg ge­had as om hul­le van kant te maak nie. Ons ver­moed hul­le het van stro­pers ge­vlug. Ons kon sien hul­le is on­der dra­de deur. Ons sou hul­le nie kon te­rug­jaag nie, want hul­le wou dui­de­lik nie te­rug­gaan na waar hul­le van­daan ge­kom het nie.”

Vol­gens die woord­voer­der was

‘‘

Die twee o­li­fant­jies was reeds ge­trau­ma­ti­seerd deur­dat hul­le van hul trop ge­skei is. Nou word hul­le dood­ge­skiet.

— MICHELE PICKOVER

die kalf so­wat 18 maan­de oud en die koei tus­sen vyf en ses jaar. Hy sê die koei was uit­ge­teer. Die kalf se maag was nog rond en dit het ge­lyk of hy kort te­vo­re nog aan sy ma ge­drink het.

“Ons kon hul­le nie wild­tuin toe jaag nie, want daar sou die leeus hul­le op­vreet en ons mag nie wil­de olifante mak maak nie.

“Ons sou die kalf dus nie met ’n bot­tel kon groot­maak nie. Dit is on­wet­tig,” sê die bron.

Die Con­ser­va­ti­on Acti­on Trust (Cat) sê olifante mag net ge­skiet word as laas­te uit­weg en na­dat die o­wer­heid hul­le pro­beer her­ves­tig het.

Cat sê die or­ga­ni­sa­sie het van in­wo­ners ver­neem die “ska­de” wat die twee olifante ver­oor­saak het, was mi­ni­maal.

Vol­gens Her­man Ba­den­horst, be­stuur­der van die land­goed Mlam­bo UVS, was die die­re ’n ruk­kie lank op dié land­goed, maar het feit­lik geen ska­de aan­ge­rig nie. “Hul­le het hier en daar ’n paar pie­sang­bo­me plat­ge­loop.”

Dr. Mi­chel­le Hen­ley van E­lep­hants A­li­ve het aan Cat ge­sê men­se ves­tig hul­le op olifante se oer­oue mi­gra­sie­roe­tes en dit ver­oor­saak kon­flik.

Die La­e­vel­der be­rig nog twee olifante, wat ook ver­moe­de­lik deel was van die trop, is blyk­baar in die om­ge­wing ge­sien. Die MTPA het aan die koe­rant ge­sê “so­dra klag­tes ont­vang word, sal ’n be­sluit oor die twee olifante ge­neem word”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.