Geel­ster­te in Vals­baai – en haaie gaan volg

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Eers kom die geel­ster­te en war­mer wa­ter, dan volg die groot­wit­haaie.

Dit is die be­gin van haai­tyd en men­se is ge­waar­sku dat die eer­ste groot groep geel­ster­te in Vals­baai op­ge­merk is. Van­weë groot­wit­haaie se lief­de vir geel­ster­te is dit ’n uit­ge­maak­te saak dat hul­le sal volg.

Tus­sen Au­gus­tus en A­pril kom haaie na­der aan die vlak wa­ter. Boon­op is die so­mer en va­kan­sie­tyd op han­de en die Kaap­stad-me­tro maan Ka­pe­naars en be­soe­kers: Dit is haai­tyd.

By Vis­hoek word die haai­net reeds ge­bruik en op dae wat die weer dit toe­laat, word dit die see in­ge­trek en vas­ge­an­ker.

Die diens van die or­ga­ni­sa­sie S­har­kS­pot­ters is ook reeds op dreef en baai­ers moet liefs swem waar die haai­ky­kers die see be­spied.

Men­se word ge­waar­sku om nie te swem of bran­ders te ry in die om­ge­wing waar dol­fy­ne, vo­ëls of rob­be eet nie. Moet ook nie na­by ’n wal­vis­kar­kas swem nie. Bran­der­ry­ers moet in die len­te en so­mer ver­al op die uit­kyk wees vir haaie in die ge­bied tus­sen Sun­ri­se Be­ach en Ma­cas­sar.

Vol­gens na­vor­sing kom haaie dan ver­al hier voor.

Be­soe­kers aan die Kaap sal daar­by baat vind om eers met die be­amp­tes aan diens op ’n strand of die plaas­li­ke men­se te ge­sels oor hoe vei­lig dit is om by ’n be­paal­de strand te swem.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Dis weer haaisei­soen in die Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.