Do­de­li­ke hit­te­gol­we sal toe­neem – stu­die

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Hit­te­gol­we wat do­de­lik kan wees vir men­se sal toe­ne­mend voor­kom, en vol­gens na­vor­sing is die mens­li­ke lig­gaam sen­si­tie­wer daar­voor as wat vroe­ër ge­dink is.

Me­di­ci i­den­ti­fi­seer 27 re­des hoe­kom ’n lang hit­te­golf do­de­lik is in na­vor­sing wat pas in die vak­tyd­skrif Ci­r­cu­la­ti­on: Car­di­o­vas­cu­lar Qu­a­li­ty and Out­co­mes ge­pu­bli­seer is.

In 2003 is 70 000 men­se in ’n hit­te­golf in Eu­ro­pa dood en 10 000 men­se is in 2010 in Rus­land dood. Se­dert 1980 was daar al 800 do­de­li­ke hit­te­gol­we wê­reld­wyd en die ver­wag­ting is dat dit sal toe­neem.

In dié oor­sig is ge­kyk na wat hit­te aan se­we or­ga­ne doen en die fi­si­o­lo­gie­se ska­de wat dit aan­rig.

As die hi­po­ta­la­mus in die brein bloot­ge­stel word aan er­ge hit­te, word die bloed­toe­voer na die vel her­lei so­dat ’n mens kan af­koel. Dit ver­oor­saak dat te min bloed die or­ga­ne be­reik (is­ke­mie) en che­mie­se stow­we die or­ga­ne be­ska­dig.

Maar in­dien die lig­gaam te warm word, word sel­le be­ska­dig.

Al­bei toe­stan­de is do­de­lik en raak die brein, hart, nie­re, le­wer en spys­ver­te­ring. In die spys­ver­te­ring­stel­sel kan die af­breek van sel­le daar­toe lei dat bak­te­rieë en en­do­tok­sie­ne in die bloed lek en sis­te­mie­se in­flam­ma­sie ver­oor­saak.

Ui­t­ein­de­lik ver­oor­saak dit dat die pro­te­ïe­ne wat bloed laat stol, oor­ak­tief raak en die bloed­toe­voer na die brein en an­der or­ga­ne word af­ge­sny.

Vol­gens die na­vor­sing is al­mal in ’n hit­te­golf in ge­vaar. In die af­ge­lo­pe tien jaar was daar ’n toe­na­me van 2 300% in die ge­tal men­se wat weens hit­te dood is. As die pla­neet net 1 °C war­mer word, sal die ri­si­ko nog gro­ter word.

Fo­to: PIXABAY

Na­vor­sing wat pas ge­pu­bli­seer is, wys hoe­kom men­se in ui­ter­ste hit­te­gol­we sterf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.