Stryd teen bran­den­de vul­lis in Pta vor­der

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Die rook wat al se­dert ver­le­de week oor ver­skeie woon­buur­te in die oos­te van P­re­to­ria hang, is al aan­sien­lik min­der, maar brand­weer­man­ne suk­kel steeds dag en nag om die brand by die Gar­st­kloof-vul­lis­ter­rein in Elar­dus­park te sta­bi­li­seer.

Jo­han Pie­ter­se, woord­voer­der van die Tshwa­ne-nood­diens­te, het gis­ter ge­sê die pro­bleem is nog lank nie op­ge­los nie.

’n Brand het op 5 No­vem­ber by dié stor­tings­ter­rein uit­ge­breek.

Die oor­saak van die brand is nog on­be­kend, maar daar word ver­moed dat dit ver­oor­saak is deur die self­ont­bran­ding van die vul­lis.

Vol­gens Pie­ter­se word dit ver­oor­saak deur ’n kom­bi­na­sie van hoë tem­pe­ra­tu­re in die mid­del van die vul­lis­hoop ge­paard­gaan­de met ui­ters warm weer, soos die laas­te tyd in P­re­to­ria.

“Weens die in­ten­se hit­te en sterk wind het die brand deur die he­le stor­tings­ter­rein, wat uit ver­skeie mas­sie­we kom­pos­ho­pe be­staan, ver­sprei. Dit het ge­lei tot die groot rook­wolk wat oor som­mi­ge woon­buur­te in die oos­te van die stad ge­hang het.”

Die kom­pos­ho­pe, wat al meer as ’n week lank smeul, strek oor ’n ge­bied van 40 000 m².

Die vo­lu­me van die kom­pos is so­wat 80 000 m³.

Tot dus­ver is 56 000 m³ kom­pos ge­blus, 16 000 m³ smeul nog en die res sal ho­pe­lik nie vlam vat nie.

Ter ver­ge­ly­king kan ’n ge­wo­ne vrag­mo­tor wat sand by jou huis af­le­wer net 6 m³ sand ver­voer, sê Pie­ter­se.

Die tem­pe­ra­tuur in die vul­lis­ho­pe wis­sel van 150 °C tot 200 °C.

Daar is eers pro­beer om die bran­den­de vul­lis met wa­ter te blus. Toe dit nie slaag nie, is die ho­pe vul­lis met sand be­dek.

Ui­t­ein­de­lik is be­sluit om die kom­pos­ho­pe met stoot­skra­pers om te stoot en dan met wa­ter te be­spuit.

Pie­ter­se sê: “Dis nie ’n ding wat jy gou gaan blus nie. Ons spook ons 24/7 mors­dood. Ons was nog glad nie daar weg nie. Ons ruil net skof­te.”

Cil­liers B­rink, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, het die smeu­len­de ter­rein Don­der­dag­og­gend saam met Ri­ta Au­camp, wyks­raads­lid van Elar­dus­park, Riet­val­lei­rand, Mo­re­le­ta­park en Win­ga­te Park, be­soek.

Pra­vin Go­ven­der, hoof van die Tshwa­ne-nood­diens­te, het op dié be­soek ge­sê die rook is nie gif­tig nie om­dat dit or­ga­nie­se ma­te­ri­aal is wat brand. “Dit is wel baie las­tig vir in­wo­ners, maar dit hou geen ge­sond­heids­ge­vaar in nie.”

Sel­by Bo­ka­ba, woord­voer­der van Tshwa­ne, sê die stor­tings­ter­rein is so­wat d­rie jaar ge­le­de vir die stor­ting van an­der vul­lis ge­sluit. Net tuin­vul­lis mag daar ge­stort word.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Na­dat ’n kom­pos­hoop by die Gar­st­kloof­vul­lis­ter­rein eers met ’n stoot­skra­per om­ge­stoot en ver­deel is, blus brand­weer­man­ne die smeu­len­de kom­pos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.