Jong dok­ter word am­per haai­kos

Beeld - - Nuus -

’n Jong B­rit­se dok­ter skuld die bran­der­ry­er Mick Fan­ning ’n bier na­dat hy Maan­dag dié Aus­tra­li­ër se teg­niek ge­bruik het om ’n haai af te weer.

Toe ’n haai C­har­lie Fry (25) by die A­vo­ca­strand in Nieu­SuidWal­lis in Aus­tra­lië, teen die skou­er stamp, het hy vir hom­self ge­sê: “Doen net wat Mick ge­doen het en slaan die haai op die neus.”

Fan­ning is in 2015 ty­dens ’n bran­der­ry­kom­pe­ti­sie in Jef­freys­baai in die Oos­Kaap deur ’n groot­wit­haai aangeval.

Hy kon dit reg­kry om die haai op die neus te slaan. Die on­ver­wag­se hou het die haai af­ge­skrik en Fan­ning is nie be­seer nie.

“As jy hier­na kyk, Mick, ek skuld jou ’n bier,” het Fry aan die nuus­net­werk Ni­ne ge­sê.

Fry was so­wat 40 m van die strand toe die haai uit die wa­ter spring en hom teen die skou­er tref, be­rig The Gu­ar­di­an.

“Ek het ’n har­de hou teen my reg­ter­kant ge­voel wat my on­kant be­trap het. Ek het aan­vank­lik ge­dink dit is ’n vriend wat aap­stre­ke uit­haal, maar toe ek om­draai, sien ek die haai.

“Ek het hom toe met my lin­ker­hand by­ge­kom en kon vin­nig weer op my bran­der­plank kom en vir my vrien­de skree. Ge­luk­kig het ek ’n golf ge­vang en kon vin­nig uit die wa­ter kom,” sê Fry.

The Gu­ar­di­an be­rig hy het eers be­sef sy arm bloei toe hy die strand be­reik.

“Jy be­sef nie jy het seer­ge­kry nie. Jy dink net dis jou laas­te dag,” sê hy. Fry is na die Gos­ford­hos­pi­taal ge­bring waar snye aan sy skou­er en arm be­han­del is.

Vol­gens The Gu­ar­di­an is ’n haai van 3 m lank la­ter uit ’n he­li­kop­ter ge­sien in die ge­bied, wat as S­hark To­wer be­kend staan. Dit was ver­moe­de­lik ’n brons­wal­vis­haai.

Fry het ná die voor­val ge­sê hy gaan vir ’n wy­le van sy bran­der­plank af bly.

Fo­to: SKERMGREEP

’n Skermgreep van C­har­lie Fry se on­der­houd met die nuus­net­werk Ni­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.