Vei­lig­heid ver­skerp by hof in Nai­ro­bi

Beeld - - Wêreld­beeld -

S­treng vei­lig­heids­maat­re­ëls is by die ho­ër­hof in Nai­ro­bi, Ke­nia, in­ge­stel in af­wag­ting van die aan­hoor van pe­ti­sies teen die on­lang­se pre­si­dents­ver­kie­sing.

Twee bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies en ’n pro­ku­reur het pe­ti­sies aan die hof ge­rig om die ver­kie­sing, waar­in pres. U­hu­ru Ke­ny­at­ta her­kies is, on­gel­dig te ver­klaar.

Die hof het ’n ver­kie­sing vroe­ër van­jaar (wat Ke­ny­at­ta met so­wat 1,4 mil­joen stem­me ge­wen het) weens stem­knoei­e­ry on­gel­dig ver­klaar en be­veel dat dit op 26 Ok­to­ber oor­ge­hou moet word.

Rai­la O­din­ga, op­po­si­sie­lei­er, het hom aan die her­ver­kie­sing ont­trek om­dat hy meen die ver­kie­sings­kom­mis­sie is nie on­af­hank­lik nie. Sy vol­ge­lin­ge het die stem­dag daar­na ge­boi­kot.

Dit het Ke­ny­at­ta in staat ge­stel om weer mak­lik te wen deur 98% van die stem­me op hom te ver­e­nig.

O­din­ga het ook ’n hof­be­vel pro­beer be­kom wat die her­ver­kie­sing op 26 Ok­to­ber sou stuit, maar daar was nie ge­noeg reg­ters be­skik­baar om sy aan­soek aan te hoor nie. Vol­gens ’n bron in die regs­ge­meen­skap het die reg­ters op be­ter vei­lig­heids­maat­re­ëls aan­ge­dring na­dat die ad­junk­hoof­reg­ter se lyf­wag dood­ge­skiet is. Vol­gens die bron het die re­ge­ring ge­wei­er en reg­ters het van die hof weg­ge­bly.

Die vei­lig­heids­maat­re­ëls is wel in­tus­sen ver­be­ter vir die aan­hoor van die d­rie pe­ti­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.