Long­pes neem af in Ma­da­gas­kar

Beeld - - Wêreld­beeld - El­sa­bé B­rits

Die voor­koms van long­pes in Ma­da­gas­kar is be­sig om te af te neem, al is daar steeds nu­we ge­val­le, sê die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie (WGO).

2 034 men­se het die siek­te op­ge­doen en 165 is dood daar­van.

Lan­de in die na­bye om­ge­wing word ge­mo­ni­tor om die ver­sprei­ding van die siek­te te keer.

Die ri­si­ko dat die baie ge­vaar­li­ke long­pes van Ma­da­gas­kar na Suid-A­fri­ka sal ver­sprei, is baie klein. Maar as dit sou ge­beur, is al­les ge­reed om dit op te spoor en te be­han­del, sê die Na­si­o­na­le In­s­ti­tuut vir Oor­draag­ba­re Siek­tes (Ni­os).

Long­pes het in Au­gus­tus in Ma­da­gas­kar uit­ge­breek. Dit kom el­ke jaar in die land voor.

Dié soort pes is ge­vaar­li­ker as bui­le­pes (Swart Dood), wat hon­der­de ja­re ge­le­de ver­woes­ting in Eu­ro­pa ge­saai het.

Vol­gens die or­ga­ni­sa­sie Dok­ters Son­der G­ren­se is daar d­rie soor­te pes.

Long­pes is die do­de­lik­ste vorm om­dat die bak­te­rieë (meest­al oor­ge­dra deur die byt van ge­ïn­fek­teer­de vlooie op ver­al rot­te) die lon­ge be­smet. Dit kan dan van mens tot mens oor­ge­dra word deur speek­sel en klein drup­pel­tjies. Dit word nie soos ma­sels en tu­ber­ku­lo­se in die lug oor­ge­dra nie.

So­wat 70% van die ge­val­le in Ma­da­gas­kar is long­pes.

Bui­le­pes, wat van die 13de tot die 16de eeu tot 60% van die Eu­ro­pe­se be­vol­king in Eu­ro­pa uit­ge­wis het, word nie van mens tot mens oor­ge­dra nie. Jy kry dit as ’n vlooi met die bak­te­rie jou byt. Dit laat die limf­klie­re op­swel.

Die der­de vorm is sep­tie­se pes. Dit is ’n se­kon­dê­re in­fek­sie en kom voor wan­neer ie­mand met bui­le­pes of long­pes nie be­han­del word nie.

Die WGO en Dok­ters Son­der G­ren­se is al meer as twee maan­de in Ma­da­gas­kar om te help. Dui­sen­de men­se wat in kon­tak was met siek men­se het reeds an­ti­bi­o­ti­ka ont­vang.

In­tus­sen het die Wê­reld­bank so­wat R71 mil­joen be­skik­baar ge­stel vir ver­de­re hulp­ver­le­ning.

Die WGO het van­dees­week weer ge­sê die ri­si­ko dat die siek­te in­ter­na­si­o­naal sal ver­sprei, is baie klein.

’n Reis­ver­bod word nie tans oor­weeg nie.

Fo­to: WGO

’n Span van die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie in ’n ha­we in die Sey­chel­le. Geen ge­val van long­pes is bui­te Ma­da­gas­kar aan­ge­te­ken nie, maar al­le lan­de in die na­bye om­ge­wing word as voor­sorg­maat­re­ël ge­mo­ni­tor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.