‘Geen kans op nog le­wen­des’

S­kud­ding eis 450, dui­sen­de is be­seer

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters

Reddingsoperasies is in de­le van Iran gestaak na­dat ’n krag­ti­ge aard­be­wing die na­week min­stens 450 men­se ge­dood en dui­sen­de be­seer het, het die staatste­le­vi­sie gis­ter be­rig.

Baie oor­le­wen­des wat son­der kos en wa­ter is, is aan die y­si­ge koue uit­ge­le­wer.

Son­dag se aard­be­wing van 7,3 het dor­pies in die berg­ag­ti­ge Ker­mans­ja-pro­vin­sie ge­tref ter­wyl men­se nog ge­slaap het. Min­stens 14 pro­vin­sies in Iran is daar­deur ge­raak.

Pres. Has­san Rou­ha­ni van Iran het gis­ter­og­gend in die Ker­mans­ja-ge­bied aan­ge­kom en be­lo­we dat die re­ge­ring “al­les in sy ver­moë sal doen om die pro­ble­me in die kort­ste moont­li­ke tyd op te los”.

Die staatste­le­vi­sie sê dui­sen­de slag­of­fers het hul­self in op­slaan­kam­pe pro­beer tuis­maak, ter­wyl baie an­der die twee­de nag in die oop­te deur­ge­bring het uit vrees vir nog skud­dings ná so­wat 193 na­skok­ke.

To­ne­le is op TV ge­wys waar red­dings­wer­kers net ná die aard­be­wing koors­ag­tig tus­sen die puin in tien­tal­le dor­pies soek. Maar Iran­se amp­te­na­re sê die kan­se om nog oor­le­wen­des te vind, is baie skraal.

“Die reddingsoperasies in die Ker­mans­ja-pro­vin­sie is be­ëin­dig,” het Pir-Hoes­sein Ko­li­van, hoof van Iran se me­die­se nood­diens­te, op staatste­le­vi­sie ge­sê.

Meer as 30 000 hui­se in die ge­bied is be­ska­dig en min­stens twee dor­pies is heel­te­mal ver­woes, sê Iran­se o­wer­he­de.

Iran is deur­kruis van groot ver­skui­wings­ly­ne en het die laas­te paar jaar ver­skeie ver­woes­ten­de aard­be­wings be­leef, in­slui­tend die een in 2003 met ’n sterk­te van 6,6 wat die his­to­rie­se stad Bam tot stof ge­skud het en 31 000 men­se ge­dood het.

Min­stens ses men­se in Irak is dood en meer as 68 be­seer in Son­dag se aard­be­wing, met sy e­pi­sen­trum in Pen­j­win in Irak se Su­lai­ma­ni­ja-pro­vin­sie in die Koer­di­stan-ge­bied. In Noor­dIrak is se­we men­se dood en 325 be­seer.

Fo­to: AP

Red­dings­wer­kers dra ’n lig­gaam wat tus­sen die puin van ’n ver­woes­te ge­bou in Ker­mans­ja, Iran, ge­kry is.

Fo­to: AP

’n Vrou huil op die to­neel waar die aard­be­wing ’n ge­bou plat­ge­vee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.