17 aan­ge­kla oor stu­dent wreed sterf ná ont­groe­ning

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters

’n Stu­dent is 18 dran­kies in­ge­jaag waar­na hy kop eer­ste by trap­pe af­ge­val het en in plaas daar­van om hulp te ont­bied, word dit wat die an­der stu­den­te ge­doen het in af­grys­li­ke be­son­der­he­de in ’n klag­staat uit­een­ge­sit, be­rig 6a­bc.

Ti­mothy Pi­az­za (19) en an­der eer­ste­jaars wat toe­la­ting tot die dag­huis Be­ta T­he­ta Pi by die Penn S­ta­te-U­ni­ver­si­teit in die A­me­ri­kaan­se deel­staat Penn­sil­va­nië ge­kry het, is op 2 Fe­bru­a­rie van­jaar ont­groen, wat be­hels het dat hul­le ’n groot hoe­veel­heid al­ko­hol in ’n kort tyd­perk in­ge­neem het.

Dit is al­les deur kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras vas­ge­vang.

Die beeld­ma­te­ri­aal wys dat, na­dat Pi­az­za be­wus­te­loos aan die on­der­kant van die trap ge­kry is, die an­der stu­den­te hom by die trap­pe op­ge­dra en op ’n bank neer­ge­sit het. Hul­le gooi dan wa­ter op sy ge­sig en slaan hom in die ge­sig, blyk­baar in ’n po­ging om hom by te bring.

News.com.au be­rig ’n vol rug­sak is aan hom vas­ge­maak, glo om te keer dat hy kan om­draai en in sy eie braak­sel ver­stik.

Een van die stu­den­te wat tus­sen­bei­de wou tree, word dan deur die an­der teen ’n muur vas­ge­druk en aan­ge­sê dat die si­tu­a­sie on­der be­heer is.

La­ter die aand pro­beer Pi­az­za her­haal­de­lik op­staan, maar el­ke keer val hy, tot­dat hy la­ter glad nie meer be­weeg nie.

Teen die og­gend van 3 Fe­bru­a­rie haal hy s­waar a­sem en daar is bloed aan sy ge­sig. Dan be­sluit een van die stu­den­te om die nood­diens­te te ont­bied, maar Pi­az­za se vel is reeds grys.

Klag­te is aan­vank­lik teen 18 stu­den­te aan­han­gig ge­maak en la­ter weer te­rug­ge­trek, maar Maan­dag het S­ta­cy Parks Mil­ler, aan­kla­er in die saak, be­kend ge­maak dat ’n vi­deo met sleu­tel­be­wy­se wat deur die stu­den­te uit­ge­vee is, te­rug­ge­kry is.

Dus word nog 12 stu­den­te nou aan­ge­kla om­dat die vi­deo wys hoe Pi­az­za 18 al­ko­ho­lie­se dran­kies in ’n tyd­perk van een uur en 22 mi­nu­te in­ge­jaag is.

Parks Mil­ler het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie aan­ge­kon­dig klag­te, wat straf­ba­re man­slag, aan­ran­ding en die gee van al­ko­hol aan ’n min­der­ja­ri­ge in­sluit, staar 17 le­de van die dag­huis nou in die ge­sig.

In die VSA mag jy eers drink wan­neer jy 21 is.

Vol­gens Parks Mil­ler is die beeld­ma­te­ri­aal te­rug­ge­kry na­dat dit aan­vank­lik uit­ge­vee is ter­wyl die po­li­sie in die huis was om dit in die han­de te pro­beer kry.

Brax­ton Bec­ker, een van die stu­den­te, word nou aan­ge­kla van ver­de­re klag­te van dwars­bo­ming van die ge­reg en die peu­ter met be­wy­se.

Die beeld­ma­te­ri­aal is met die hulp van die FBI her­win.

“Ti­mothy Pi­az­za het nie een keer self ’n dran­kie ge­neem nie. Die an­der stu­den­te het dit aan hom ge­gee,” het Parks Mil­ler op die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê.

Pi­az­za, van Le­ba­non in die deel­staat New Jer­sey, is twee dae la­ter in die hos­pi­taal dood.

Sy ou­ers, Jim en E­ve­lyn Pi­az­za, het op die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê die nu­we be­wy­se gee hul­le hoop, maar ver­lig nie hul pyn nie.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ti­mothy Pi­az­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.