Kel­ly hou stuur­stang ste­wig vas

Beeld - - Kuns & Vermaak - Byklan­ke Ko­bus Bur­ger

Me­a­ning of Li­fe deur Kel­ly Clark­son

Ken­ners in die be­dryf ver­ge­lyk pla­te­kon­trak­te dik­wels met ’n bank­le­ning wat sent vir sent te­rug­be­taal moet word – in dié ge­val die voor­skrif­te­li­ke pla­te­ba­se.

Kel­ly Clark­son het 15 jaar ge­le­de die heel eer­ste reeks van die TV-ta­lent­soek­tog A­me­ri­can I­dol ge­wen as­ook ’n pla­te­kon­trak met RCA Re­cords. La­ter volg haar top­ver­ko­per­al­bum B­re­a­ka­way, wat met twee Gram­m­ys be­kroon is. Die RCA-kon­trak het tot ’n ein­de ge­kom en sy kon ver­le­de jaar een met At­lan­tic Re­cords sluit. En al­les dui daar­op dat dit tot ’n nuut­ge­von­de vry­heid ge­lei het.

Haar eer­ste At­lan­tic-al­bum met die ti­tel Me­a­ning of Li­fe, het ein­de Ok­to­ber ver­skyn. Sy skryf in die al­bumom­slag die vol­gen­de aan haar ma: “( . . .) ho­pe­lik ver­goed hier­die al­bum vir die dae en nag­te wat jy na my moes luis­ter toe ek uit vol­le bors saam met my guns­te­ling­kuns­te­naars ge­sing het . . . ek weet dit is die al­bum wat jy ge­dink het ek uit die staan­spoor sou op­neem”.

Die 35-ja­ri­ge Clark­son klink as­of sy ’n tuis­koms be­leef. Me­a­ning of Li­fe prut­tel met krag­da­di­ge soul, R&B, pop en selfs ’n skeut gospel. A­re­tha Frank­lin was die in­spi­ra­sie.

Clark­son draai die kra­ne oop, en sy mag maar. Die En­gels­man sou te­reg sê sy “belt”.

Ver­nu­wing is nie voor­op­ge­stel nie, eer­der ’n to­ta­le oor­ga­we aan ’n gen­re en styl wat ge­mak­lik pas. Sy is nes Beyon­cé van Tex­as en daar is en­ke­le mo­men­te op die al­bum wat klink na ’n ode aan Le­mo­na­de.

Sy bring ook hul­de aan die Tex­as-vroue op die gatskop­lied­jie “W­ho­le Lot­ta Wo­man”, wat op sy beurt ’n soort (You Ma­ke Me Feel Li­ke) “A Na­tu­ral Wo­man” (1967) vir ’n nu­we ge­slag kan wees.

Clark­son gly met ge­mak tus­sen vuur­vre­ter­di­va en dan weer ’n rou, eer­li­ke he­se­rig­heid waar­op sy bal­la­des sing. Hier is “Mo­ve You” een van die snit­te wat bly spook. Die ti­tel­snit en “Lo­ve So Soft”, daar­en­teen, is die gro­ter tref­fers wat haar ge­swo­re aan­han­gers te­vre­de sal stel.

Deur­gaans klink dit as­of sy die mi­kro­foon en stuur­stang ste­wig vas­hou. Sy is ’n vrou met iets op die hart en ’n doel voor oë. Ver­ge­ly­kings met die mu­siek van Ma­ri­ah Ca­rey en selfs Meg­han Trai­nor is on­van­pas. Nee wat, Clark­son het ’n nu­we koers in haar eie loop­baan in­ge­slaan en klink nie vir ’n oom­blik as­of sy in die ska­du van ’n an­der san­ge­res hoef te staan nie. En die san­ger van daar­die par­ty­tjie­tref­fer “Sin­ce U Been Go­ne” klink ook vir g’n oom­blik na ’n A­re­tha Frank­lin-kloon nie.

Me­a­ning of Li­fe spog met ’n ver­skei­den­heid ge­moed­stem­mings en is ’n sou­lal­bum wat ’n mens ná her­haal­de luis­ter be­loon. Clark­son mag maar. Wel­kom tuis!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.