Don­ker dra­ma met skeut ko­me­die in Cen­tu­ri­on

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

’n Ver­steur­de, des­pe­ra­te vrou wat bit­ter graag haar eie kind wil hê, is die hoof­ka­rak­ter in Went­zel Lom­bard se don­ker to­neel­stuk Ge­boor­te, wat Vry­dag in die El­do-klein­te­a­ter by die Ho­ër­skool El­do­rai­gne, Cen­tu­ri­on, op­ge­voer word.

Dié stuk, met An­ma­ri van Ach­ter­bergh as re­gis­seur, het ty­dens Tuk­kies se Ko­pa­nong­kuns­te­fees in Sep­tem­ber ’n Fol­low S­pot-be­noe­ming ge­kry.

Lom­bard, wat al in to­neel­stuk­ke soos Re­za de Wet se D­rif op­ge­tree het, vind vroue se des­pe­ra­te op­tre­de om ’n kind te kry ’n fas­si­ne­ren­de on­der­werp.

“Ek kyk ge­reeld do­ku­men­tê­re pro­gram­me oor mis­da­di­ge ge­drag. Ek het baie lank aan die stuk ge­werk. Ek het die oor­spronk­li­ke teks in my twee­de jaar op kol­le­ge ge­skryf vir ’n taak in 2013. Daar­na het ek be­sluit om dit uit te brei.

“Die groot uit­da­ging was om ’n re­gis­seur te vind. Ek het ses ver­skil­len­de men­se ge­na­der wat my óf weg­ge­wys het óf een­vou­dig nie na my toe te­rug­ge­kom het nie. Die don­ker­te van die teks het hul­le af­ge­skrik.

“Ek het by­na op­ge­gee tot Vas­ti Ver­meu­len, wat die hoof­rol ver­tolk, die teks vir An­ma­ri ge­stuur het. Sy het daar­van ge­hou en dit in iets ver­an­der wat ek nooit self sou kon doen nie.”

Ver­meu­len se ka­rak­ter, A­li­cia van Nie­kerk, is be­reid om e­nig­iets te doen en dit het ka­ta­stro­fie­se ge­vol­ge. Die an­ders spe­lers is Lom­bard, Li­zahn Be­ster en Zu­ni­ta Kru­ger. Lom­bard ver­tolk die rol van A­li­cia se ge­strem­de broer.

Lom­bard meen el­ke te­a­ter­gan­ger sal die stuk an­ders er­vaar.

“Dis be­slis ’n don­ker ver­haal, met te­mas soos ge­weld teen kin­ders, vroue en ver­stan­de­lik ge­strem­des. Daar is wel ook baie ko­mie­se e­le­men­te.Tot dus­ver het som­mi­ge men­se dit as ‘trau­ma­ties’ be­skryf, ter­wyl an­der weer die ko­me­die baie ge­niet het. Dis be­slis ’n stuk vir men­se wat met ’n oop kop kom kyk.”

Dit was vir Lom­bard vrees­aan­ja­end om ’n nu­we stuk na die ver­hoog te neem. Ver­al om­dat hy nooit se­ker is of die beeld in sy kop ui­t­ein­de­lik op die ver­hoog sal neer­slag vind nie.

“Ge­luk­kig het die re­pe­ti­sies dit vir my ver­an­der. An­ma­ri se re­gie ver­skil baie van hoe ek die teks oor­spronk­lik ge­skryf het. Vas­ti, Li­zahn en Zu­ni­ta het ook elk­een die ka­rak­ters hul eie ge­maak. Dus voel ek nou dat die stuk op sy eie staan en dat dit nie meer net ‘my’ werk is nie.”

■ Die ver­to­ning be­gin om 19:00 vir 19:30 en toe­gang kos R50 (slegs kon­tant). Be­soek fa­ce­book.com/Ge­boor­teDra­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.