Ont­hou só dié wat daar was toe dit hel was

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Met rooi pa­pa­wers, me­dal­jes teen die bors en blom­me­kran­se is op He­rin­ne­rings­dag (11 No­vem­ber) hul­de ge­bring aan die der­mil­joe­ne men­se wat in die Eer­ste en Twee­de Wê­reld­oor­log en in an­der oor­loë ge­sterf het. Dit sluit ons eie om­stre­de Bos­oor­log (1966-1989) in.

Só ’n ge­leent­heid her­in­ner al­tyd aan die span­ning tus­sen die he­ro­ïe­se én die tra­gie­se van oor­log.

Deur die eeue was die klem aan­vank­lik op veg­ten­de man­ne se held­haf­tig­heid en moed, ge­ne­raals en ko­nings se ge­ni­a­li­teit én die glo­rie­ry­ke oor­win­nings. Soos ’n La­tyn­se spreuk lui: “Hoe soet en eer­vol is dit om vir die va­der­land te sterf.”

Al­gaan­de het die klem ver­skuif na le­wen­stra­ge­die in die loop­gra­we. En dit is ver­al die kuns­te­naars wat dit ver­beeld – in die let­ter­kun­de, skil­de­rye, lie­de­re en rol­pren­te. Ook ja­re na­dat oor­loë ver­by en die let­sels o­ën­skyn­lik ge­nees is.

So by­voor­beeld skryf die En­gel­se dig­ter Sieg­fried Sas­soon in “The He­ro” (1919) oor die ma wat die ko­lo­nel se mooi woor­de in ’n brief oor haar ge­stor­we seun teen die bors druk ter­wyl die ko­lo­nel weet dis bloot

“ga­lan­te leu­ens”; dat haar seun geen held was nie. Daar sit sy met die troos­brief én die il­lu­sie: “. . . her we­ak ey­es / had sho­ne with gent­le tri­umph, brim­med with joy, / Be­cau­se he’d been so bra­ve, her glo­ri­ous boy.”

Ook in die A­fri­kaan­se skryf­kuns ge­beur dit. Soos met Jan F.E. Cel­liers se ge­dig “Dis al” (1908) as uit­beel­ding van ’n dap­per te­rug­ke­ren­de kry­ger se die­per ver­lies en leed: “dis die blond, / dis die blou: / dis die veld, / dis die lug; en ’n vo­ël draai bo­we in een­sa­me vlug – / dis al . . . dis ’n graf in die gras, / dis ’n val­len­de traan – / dis al.”

En El­sa Jou­bert wat in 1983 in die ro­man Die laas­te Son­dag Cel­liers se “Dis al” na die Bos­oor­log ver­plaas – na die “ver­bry­sel­de lig­gaam van die blon­de seun met die blou-blou oë nog sta­rend in die blou-blou lug, die een blou so blou soos die an­der; die een so ver, so groot, so on­meet­lik soos die an­der . . .”

Hier­mee loop sy die la­te­re oor­logs­her­in­ne­rin­ge, die let­sels en die woe­de oor dié oor­log voor­uit.

Dees­dae word die ont­mas­ke­ren­de be­na­de­rings voort­ge­sit, in fik­sie en nie­fik­sie, by­voor­beeld in G­rens­oor­logsto­ries (saam­ge­stel deur Je­a­net­te Fer­rei­ra), At van Wyk se Die roem en die rou: Sto­ries ag­ter Ho­no­ris Crux, en Le­o­pold S­choltz se Die SAW in die G­rens­oor­log: 1966-1989.

Dié ont­le­den­de, beel­den­de en sa­ti­rie­se te­rug­kyk geld ook an­der oor­loë, soos in Otto Dix en Tom Lea se skil­de­rye, on­der­skei­de­lik The War (1929) en The 2 000 Yard S­ta­re (1944), E­rich Ma­ria Re­mar­que se All Qui­et on the We­stern Front (1929), Jo­seph Hel­ler se Ca­tch-22 (1961), en in flieks soos Pla­toon (1986), Sa­ving Pri­va­te Ry­an (1998), Fu­ry (2014) en The War Ma­chi­ne (2017).

Wat se­ker is, is dat oor­logs­hul­de en -her­in­ne­rin­ge on­ver­my­de­lik moet te­rug­keer na die in­tie­me be­son­der­he­de van dié wat dáár was toe dit hel was.

‘‘ He­rin­ne­rings­dag her­in­ner ook al­tyd aan die span­ning tus­sen die he­ro­ïe­se én die tra­gie­se van oor­log.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.