M­ba­lu­la se plan vir in­tel­li­gen­sie is ui­ters ge­vaar­lik

Beeld - - Kommentaar -

Be­we­rings dat die mi­nis­ter van po­li­sie, Fi­ki­le M­ba­lu­la, reg­streek­se o­pe­ra­si­o­ne­le en po­li­tie­ke be­heer oor die mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid pro­beer kry, is re­de tot erns­ti­ge kom­mer.

M­ba­lu­la sê hy is be­sig om in te gryp om be­sten­dig­heid in die een­heid te be­werk­stel­lig. Vol­gens hom het hy die een­heid 26 spe­si­fie­ke op­drag­te ge­gee om dit in oor­een­stem­ming met par­le­men­tê­re rig­ly­ne en an­der kwes­sies te bring. Die be­son­der­he­de wil hy eg­ter nie ver­skaf nie om­dat dit vol­gens hom “ge­klas­si­fi­seer­de in­lig­ting” is.

Die feit is eg­ter dat Suid-A­fri­ka­ners re­de het om ag­ter­dog­tig te wees. On­der die pre­si­dent­skap van Ja­cob Zu­ma het die mis­bruik van sul­ke een­he­de vir po­li­tie­ke doel­ein­des stan­daard­prak­tyk ge­word.

Dink by­voor­beeld aan die S­taats­vei­lig­heids­a­gent­skap wie se pri­mê­re taak dit is om vroeë waar­sku­wings en ad­vies aan die re­ge­ring oor vei­lig­heids­be­drei­gings en broei­en­de maat­skap­li­ke on­rus te rig. Hy ig­no­reer eg­ter groot­liks dié taak en ver­kies om eer­der op ka­bi­nets­le­de, op me­kaar of op ver­skil­len­de ANC-fak­sies te spi­oe­neer – dis nou as hy ’n tyd­jie kan af­knyp van ge­hei­me sen­dings om “na­si­o­na­le ge­va­re” soos adv. T­hu­li Ma­don­se­la te pro­beer neu­tra­li­seer.

Vol­gens al­le aan­dui­dings is dit lank­al ook die soort ten­dens wat jy by mis­daad­in­tel­li­gen­sie sien na­dat lt.genl. Ri­chard Md­lu­li, die ge­skors­te voor­ma­li­ge hoof van die een­heid, dit on­be­skaamd aan­ge­wend het om po­li­tie­ke en an­der byl­tjies mee te slyp.

En of­skoon M­ba­lu­la reg is dat die cha­os in die een­heid reg­ge­ruk moet word, is die ma­nier waar­op hy te werk gaan nie die reg­te wy­se nie. Waar­op dit gaan neer­kom, is dat die tou­tjies in die een­heid deur ’n po­li­ti­kus met ge­ves­tig­de be­lan­ge in die hui­di­ge op­volg­stryd ge­trek gaan word.

Ver­al in die af­we­sig­heid van ’n per­ma­nen­te po­li­sie­hoof, on­der wie se ge­sag só ’n een­heid s­treng ge­spro­ke moet val, word daar op­nuut ’n ge­vaar­li­ke po­li­tie­ke werk­tuig on­der die dek­man­tel van “ge­klas­si­fi­seer­de in­lig­ting” ge­skep.

Steek eer­der die sweer oop met ’n be­hoor­li­ke o­pen­ba­re on­der­soek, stel die reg­te men­se in die reg­te pos­te aan en maak se­ker al die wig­te en teen­wig­te be­staan om toe­sig oor die een­heid se be­dry­wig­he­de te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.