Le­su­fi se ‘om­me­swaai’

Die de­bat oor die voor­ge­stel­de wy­si­gings aan die Wet op Ba­sie­se On­der­wys duur voort. Ook die re­ak­sie op Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, se be­roep teen en­kel­ta­li­ge sko­le.

Beeld - - Middelblad - Gra­fi­ka: THEUNS KRU­GER

Daar is meer as 25 500 sko­le in Suid-A­fri­ka waar­van meer as 15 000 en­kel­ta­lig is met En­gels as die on­der­rig­taal. Dit is die keu­se van hier­die 15 000 skool­ge­meen­skap­pe om En­gels as die taal van leer en onderrig te hê, meen Chris Klop­per, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wy­sers­u­nie (SAOU).

Wat Le­su­fi eint­lik wil sê, is dat hy ge­meen­skap­pe wat graag ’n min­der­heids­taal soos A­fri­kaans wil hê, nie die­self­de reg gun nie.

Daar moet in ge­dag­te ge­hou word dat daar land­wyd so­wat 1 200 en­kel­taal­A­fri­kaan­se sko­le is. Dit is so­wat 4,5% van die to­ta­le ge­tal sko­le in Suid-A­fri­ka.

Al slaag Le­su­fi en van sy an­der po­li­tiek ge­dre­we her­ont­plooi­de ka­ders daar­in om al die A­fri­kaan­se sko­le tot niet te maak, sal dit geen werk­li­ke ver­skil aan die erns­ti­ge en oog­lo­pen­de pro­ble­me in die on­der­wys maak nie. Ruim 70% tot 80% van sko­le on­der­pres­teer, wat niks met die taal van onderrig en leer in die s­kool te doen het nie. Dit sal Le­su­fi veel meer baat om eer­der tyd en e­ner­gie daar­aan te wy om hier­die pro­ble­me op te los.

Die ver­moe­de is dat dit nie po­li­tiek ge­diens­tig is om dit te doen nie.

’n An­der as­pek wat dui­de­lik blyk uit sy op­mer­king is dat e­ni­ge vorm van teen­kan­ting teen die Wy­si­gings­wets­ont­werp op Ba­sie­se On­der­wys vir hom on­aan­vaar­baar is.

Die feit dat die wets­ont­werp on­der­wys sal te­rug­neem na ’n mo­del waar die s­kool ’n sui­wer ver­leng­stuk van die po­li­tie­ke ge­sag van die dag is, val hom nie op nie. Dit sal vir hom be­ter wees om ’n sui­wer staat­skool­be­de­ling te hê as ’n mo­del van o­pen­ba­re sko­le waar el­ke s­kool ’n de­mo­kra­tie­se ver­leng­stuk van die ge­meen­skap is.

Die wets­ont­werp sal on­ge­twy­feld weer die on­der­wys­be­de­ling wat ge­geld het ten ty­de van die 1976-stu­den­te­on­lus­te ves­tig. Dit is ge­wis ’n te­rug­waart­se stap en die ver­nie­ti­ging van die e­de­le be­gin­sels van de­mo­kra­sie, ven­noot­skap en ei­e­naar­skap wat die 1996-weer­ga­we van die S­ko­le­wet ge­ves­tig het.

Dit is sul­ke po­li­tie­ke on­ver­draag­saam­heid en po­li­ti­se­ring son­der om op die werk­li­ke pro­ble­me van die on­der­wys te fo­kus wat daar­toe ge­lei het dat die stan­daard is wat ons tans be­leef. Dit sal vir Le­su­fi veel be­ter wees om al­le sko­le af te trek na die laag­ste ge­me­ne de­ler eer­der as om goed pres­te­ren­de sko­le as voor­beeld te ge­bruik en die on­der­pres­te­ren­de sko­le op te trek.

Dit is ’n be­we­se feit dat ver­al A­fri­kaan­se sko­le die bes­te mo­del van trans­for­ma­sie in Suid-A­fri­ka se skool­stel­sel is. Daar is by­kans 1 000 voor­heen en­kel­me­di­um­sko­le wat uit eie be­we­ging pa­ral­lel- of dub­bel­me­di­um­sko­le ge­word het. Die sko­le gaan voort om on­der­wys van hoog­staan­de ge­hal­te te le­wer.

Dit is ’n feit dat ge­meen­skap­pe se de­mo­gra­fie­se sa­me­stel­ling met tyd ver­an­der en dat skool­ge­meen­skap­pe dit ver­re­ken op ’n on­der­wys­kun­di­ge en op­voed­kun­di­ge wy­se. Waar pro­ble­me al on­der­vind is, is in die ge­val­le waar po­li­ti­ci maat­skap­li­ke ma­ni­pu­le­ring pro­beer be­werk­stel­lig het.

Die SAOU meen die wets­ont­werp is die ver­keerd­ste ding wat on­der­wys die af­ge­lo­pe tien jaar ge­tref het.

Al wat dit be­hels, is po­li­tiek ge­dre­we su­per­be­heer deur mags­be­hep­te po­li­ti­ci.

Die reg op vry­heid van uit­druk­king en spraak is ’n werk­lik­heid in ons Grond­wet. Die SAOU sal dus voort­gaan om die ga­pings in po­li­ti­ci se on­der­wys­uit­spra­ke uit te wys, al­dus Klop­per.

Vol­gens Me­la­nie Buys, on­der­wys­spe­si­a­lis van die Hel­pen­de Hand S­ko­le­on­der­steu­ning­sen­trum, is dit dui­de­lik vir Le­su­fi moei­lik om te aan­vaar dat die de­mo­kra­tie­se me­ning ver­skil van sy voor­keu­re.

Dit wil voor­kom as­of Le­su­fi oor die be­lang­ri­ke rol van ou­ers in o­pen­ba­re sko­le ’n to­ta­le om­me­swaai ge­maak het se­dert hy in 2015 die vol­gen­de me­ning in ’n ope brief aan be­heer­lig­ga­me ge­hul­dig het: “Of all the po­li­cy­ma­kers in our e­du­ca­ti­on sy­stem, SGB’s are the be­st re­pre­sen­ta­ti­ves of our child­ren’s e­du­ca­ti­on needs. T­hey are the clo­sest and com­mit­ted to the cau­se of im­pro­ving child­ren’s li­ves.”

Le­su­fi was in 2015 baie be­slis dat sko­le hul eie geld moet be­stuur so­dat be­heer­lig­ga­me self ver­ant­woor­de­lik­heid sal aan­vaar vir die goeie be­stuur daar­van. Hy het on­der­neem om toe te sien dat in­ten­sie­we op­lei­ding aan be­heer­lig­ga­me ge­gee word om hul­le toe te rus om self­stan­di­ger te wees: “If you gi­ve mo­ney to pe­op­le who you ha­ve not trai­ned, the mo­ney can be a­bu­sed. So w­hen t­hey ha­ve go­ne for trai­ning and the te­am that will be trai­ning them says t­hey are re­a­dy (to hand­le the mo­ney) we will gi­ve them the mo­ney.”

Van hier­die op­lei­ding het daar da­dels ge­kom. Nou wil die staat die S­ko­le­wet ver­an­der om on­doel­tref­fen­de pro­vin­si­a­le on­der­wys­de­par­te­men­te selfs gro­ter mag te gee om voor­skrif­te­lik op te tree ter­wyl hul­le reeds nie hul ba­sie­se ver­ant­woor­de­lik­he­de teen­oor o­pen­ba­re sko­le na­kom nie, sê Buys.

Die ou­di­teur-ge­ne­raal het boon­op ver­le­de week on­der­wys uit­ge­wys as een van die d­rie sek­to­re waar die groot­ste wan­be­ste­ding van staats­geld plaas­vind – nou wil hul­le met so ’n ver­le­de van fi­nan­si­ë­le be­stuur sko­le se be­heer oor­neem.

Vol­gens Le­su­fi se jong­ste uit­spra­ke on­der­myn be­heer­lig­ga­me leer­lin­ge se grond­wet­li­ke reg op on­der­wys en die voor­ge­stel­de wets­wy­si­gings moet daar­om die mag­te van be­heer­lig­ga­me “her­sien”.

Hy be­skul­dig oor­vol A­fri­kaan­se sko­le vir die ge­brek aan toe­gang tot sko­le in Gau­teng, maar swyg oor die aan­tal sko­le wat in die pro­vin­sie ge­bou word om vir die groei­en­de ge­tal leer­lin­ge voor­sie­ning te maak.

Vol­gens die Gau­teng­se de­par­te­ment van on­der­wys self is daar ’n te­kort aan 159 sko­le in die pro­vin­sie.

Die amp­te­li­ke ge­tal sko­le in Gau­teng het die af­ge­lo­pe jaar van 2 070 tot 2 072 sko­le ge­styg, ter­wyl die ge­tal leer­lin­ge in die pro­vin­sie die af­ge­lo­pe jaar vol­gens amp­te­li­ke sy­fers met 2,8% ge­groei het. Dit is by­na 70 000 nu­we leer­lin­ge wat plek in sko­le moet vind.

Die 152 A­fri­kaan­se sko­le wat oor is in Gau­teng gaan be­slis nie die on­der­wys­de­par­te­ment se pro­bleem op­los wat deur de­ka­des van swak be­stuur ver­oor­saak is nie.

Die voor­ge­stel­de na­si­o­na­li­se­ring van o­pen­ba­re sko­le sal slegs die ge­hal­te van on­der­wys be­na­deel, sê Buys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.