Daai slap­gat ou wat langs die pad staan

Beeld - - Middelblad - Ja­co S­try­dom

John (skuil­naam) het al baie ir­ri­ta­sies by my wak­ker ge­maak. Hy lyk al­tyd of die een of an­der s­waar ding op hom druk. Ek het dik­wels as ek hom sien ge­wens die ou wil hom­self net reg­ruk.

Nou die dag ver­tel hy my sy sto­rie.

Hy is ie­wers op die plat­te­land in Mo­sam­biek ge­bo­re. Waar weet hy tot van­dag toe nie. John was nie in ’n s­kool nie, want hy moes op die lan­de­rye werk.

Sy pa het erg ge­drink en dan ge­weld­da­dig ge­raak.

Op ’n dag, toe John agt jaar oud was, het sy pa hom met ’n pan­ga in die ge­sig ge­kap. Die bu­re was ont­steld en het sy broer ge­kon­tak wat in Suid-A­fri­ka werk.

Die broer het hom oor die kind ont­ferm en hom in Mo­sam­biek gaan haal om by hom te woon. Waar, weet hy nie, want, sê John, hy was net ’n kind en kon nie eens lees nie en hy was net ’n dag by hul­le.

Daar was ’n fiets by sy broer se huis en hy het ’n ent gaan ry. Bin­ne ’n uur het hy heel­te­mal ver­dwaal. John sê hy het ver­bou­e­reerd ge­raak toe dit don­ker word. La­ter gaan sit hy moe­de­loos op ’n sy­paad­jie.

Eers laat die aand kom ’n man en ’n vrou op die hui­len­de kind af. Hul­le pro­beer met hom praat, maar hy ver­staan hul­le nie en hul­le ver­staan hom nie. Die pro­bleem was dat John geen Suid-A­fri­kaan­se taal kon praat nie. Hy sê hy kon nie eens soos die mees­te Mo­sam­bie­kers Por­tu­gees praat nie, want hy was nooit op s­kool nie.

Die men­se het hom na die po­li­sie­kan­toor ge­neem. Die soek­tog na sy broer het niks op­ge­le­wer nie. Hy kon slegs die na­me van sy pa, ma en broer as in­lig­ting gee, geen a­dres, geen woon­buurt, geen te­le­foon­nom­mer.

Die wel­syns­diens­te het be­trok­ke ge­raak. Hy is na ’n skui­ling vir straat­kin­ders. Twee jaar la­ter is hy na ’n plek van vei­lig­heid, waar hy vir die eer­ste keer s­kool toe is.

Teen dié tyd was hy eg­ter ver ag­ter die an­der kin­ders. Hy moes vir die eer­ste keer leer lees en skryf.

Daar was min van sy self­beeld oor. Al wat hy oor hom­self ge­weet het, was dat sy eie pa hom wou dood­maak, dat hy in ’n vreem­de land is en dat hy nê­rens in­pas nie. Geen kin­der­huis wou hom hê nie, want in daar­die sta­di­um was hy te oud.

Toe hy 18 word, moes hy uit die plek van vei­lig­heid.

Van­dag is John 20. Suid-A­fri­ka maak dit nie vir hom mak­lik om hier te woon nie en hy het geen pas­poort nie. Hul­le sou hom kon de­por­teer Mo­sam­biek toe, maar hy het geen kon­tak met e­ni­ge fa­mi­lie daar nie en weet die eens wat die naam van sy ge­boor­te­dorp is nie.

Hy doen los wer­kies en lees boe­ke om sy lees­spoed te be­vor­der.

Ter­wyl an­der men­se van sy ou­der­dom droom van ’n u­ni­ver­si­teits­graad, ’n huis, mo­tors en ’n ge­sin van hul­le eie, is sy droom om een­dag ma­triek te skryf en ’n pas­poort en ’n vas­te werk te hê.

Dis mak­lik om ie­mand soos John te oor­deel as jy ver­by hom ry, maar laat die een wat sy eie ou­ers ge­kies het, die een wat self die tyd en plek van sy ge­boor­te be­paal het, die eer­ste klip gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.