Tou­lon­stut volg in broer se spo­re teen Bok­ke

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie en AFP

Die los­kop­stut Sé­bas­tien Ta­o­fifé­nua se uit­staan­de ver­to­ning vir die Fran­se Bar­ba­ri­ans teen die Ma­o­ri All Blacks het hom ’n plek in Frank­ryk se na­si­o­na­le span be­sorg.

Die Ha­ne kom Sa­ter­dag­aand in Pa­rys teen Suid-A­fri­ka te staan.

Die Fran­se Baabaas het ver­le­de Vry­dag die Ma­o­ri’s met 19-15 ge­klop, met Ta­o­fifé­nua aan die spits van ’n krag­ti­ge skrum­ver­to­ning teen die Ki­wi’s.

Die Tou­lon-voor­ry­man ver­vang vir Rap­ha­el C­hau­me in die Fran­se groep. C­hau­me het die af­ge­lo­pe na­week ’n be­se­ring op­ge­doen in Frank­ryk se ne­der­laag met 18-38 teen die All Blacks.

Dit was C­hau­me se eer­ste toets vir Frank­ryk en nou kan Ta­o­fifé­nua ook die ge­leent­heid kry om sy de­buut vir die na­si­o­na­le span te maak.

Die 25-ja­ri­ge Ta­o­fifé­nua se ou­er broer, Ro­main (27), het reeds in 2012 op slot sy de­buut vir Les B­leus ge­maak en het in 2015 die laas­te keer vir Frank­ryk ge­speel. Ro­main speel ook sy klu­brug­by vir Tou­lon.

Die Ta­o­fifé­nua-broers klink soos in­voer­pro­duk­te uit die Suid­see-ei­lan­de, maar is al­bei in Frank­ryk ge­bo­re.

Hul pa, Wil­ly (54), het in die vroeë 1990’s van Nieu-Ka­le­do­nië – ’n Fran­se ge­bied, be­staan­de uit do­sy­ne ei­lan­de, so­wat 3 300 km oos van Aus­tra­lië – na Frank­ryk ver­huis om klu­brug­by te speel.

Wil­ly het eers vir S­ta­de Mon­tois as bui­te­sen­ter en vleu­el ge­speel, voor hy in 1992 sy loop­baan by G­re­no­ble voort­ge­sit en in 2001 by dié klub uit­ge­tree het.

Wil­ly het by af­rig­ting be­trok­ke ge­raak en van 2001 tot 2005 by G­re­no­ble as brei­er be­gin werk. Hy het toe ’n af­rig­ters­pos by Li­mo­ges op­ge­neem voor hy in 2008 ’n pos as ’n af­rig­ter by die En­gel­se P­re­mier­liga-span Har­le­quins aan­vaar het. Wil­ly het in 1994 saam met die Fran­se Bar­ba­ri­ans na Aus­tra­lië ge­toer, maar nooit vir die Fran­se na­si­o­na­le span uit­ge­draf nie.

Die Ta­o­fifé­nua’s se neef Chris­to­pher To­lo­fua (23) het ook al die Fran­se span op ha­ker ver­teen­woor­dig. Hy speel vir die En­gel­se P­re­mier­liga-klub Sa­ra­cens.

Sé­bas­tien Ta­o­fifé­nua

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.