‘S­kuus vir my taal, Ma’ – Ed­die Jo­nes

Beeld - - Sport - – Reu­

En­ge­land se af­rig­ter, Ed­die Jo­nes, het om ver­sko­ning ge­vra vir sy ge­swet­se­ry op TV ná Sa­ter­dag se on­oor­tui­gen­de se­ge teen Ar­gen­ti­nië – dít na­dat sy ma (93) hom daar­oor aan­ge­spreek het.

Jo­nes (57) was ge­frus­treerd met sy span se stot­te­ren­de ver­to­ning in hul oor­win­ning met 21-8 op T­wic­ken­ham en sy frus­tra­sie het oor­ge­kook in ’n on­der­houd ná die krag­me­ting.

“Ek het om ver­sko­ning ge­vra vir my taal­ge­bruik,” het Jo­nes gis­ter aan die BBC ge­sê.

“Ek het van­og­gend ’n op­roep van my ma ont­vang – sy is 93 jaar oud – en sy het my die le­vie­te voor­ge­lees.

“Ek is in die moei­lik­heid by my ma en dit is ’n groot ge­noeg straf vir my. Sy ver­tel my steeds ek mag nie vloek nie. Ek het skan­de ge­maak en ek sal dit vir se­ker nie weer doen nie.”

En­ge­land se on­oor­tui­gen­de se­ge het nie die toe­skou­ers be­ïn­druk nie en Jo­nes er­ken dit was nie die op­win­dend­ste wed­stryd nie.

“Ek dink al­mal was Sa­ter­dag ’n bie­tjie ge­frus­treerd en ek was een van hul­le. Ek moes eint­lik meer self­be­heer toe­ge­pas het,” het hy ge­sê.

“Dit is soos men­se wat oor ’n rol­prent praat en sê dit gaan fan­tas­ties wees. Dan sit jy daar vir twee ure en ge­niet dit glad nie. Dit ge­beur ook soms by rug­by­wed­stry­de.” ■ En­ge­land kom Sa­ter­dag teen die Wal­la­bies te staan.

ters

Fo­to: GETTY

En­ge­land se af­rig­ter, Ed­die Jo­nes, is in die sop oor sy taal­ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.