Vrees, woe­de kring uit

Pos­te dalk in ge­drang

Beeld - - Voorblad - Nel­lie Brand­Jon­ker

Vak­bon­de vrees nie nou meer net die uit­wer­king van die S­tein­hoff-skan­daal op hul pen­si­oen­fond­se nie, maar het gis­ter ge­skar­rel om ant­woor­de te kry oor die moont­li­ke ver­lies van werk­ge­leent­he­de.

Die kle­re­wer­kers­vak­bond Sact­wu het ’n drin­gen­de ver­ga­de­ring met S­tein­hoff aan­ge­vra weens die kom­mer wat dui­sen­de wer­kers oor hul pos­te het.

S­tein­hoff be­sit Pep­kor, waar­van die hoof­kan­toor in Kaap­stad is.

“Sact­wu het ken­nis ge­neem van die ge­beu­re by S­tein­hoff. Ons is baie be­kom­merd oor die im­pli­ka­sie hier­van vir ons le­de.”

Dit is te­ke­nend van hoe ver die rim­pe­lings van die S­tein­hof­f­fi­as­ko uit­kring – veel ver­der as pen­si­oen­fond­s­le­de en ge­wo­ne be­leg­gers wie se geld bloot­ge­stel is aan die aan­deel­pry­se van S­tein­hoff en sy ver­wan­te maat­skap­pye.

Die Raad op Fi­nan­si­ë­le Diens­te het gis­ter aan­ge­kon­dig dat hy ’n on­af­hank­li­ke on­der­soek in­stel na moont­lik vals en mis­lei­den­de ver­slag­doe­ning.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het die stap ver­wel­kom.

S­tein­hoff se aan­deel­prys het gis­ter met nog 43% tot R10 ge­daal.

Sact­wu het dui­sen­de le­de wat vir maat­skap­pye werk wat uit­ein­de­lik vir die S­tein­hoff-groep werk.

Chris­to Wie­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.